FOTO Instagram @vanessahudgens

FOTO Instagram @vanessahudgens

Modestories

Bykomstigheid onder R10 wat bekendes dra

Tendense kan soms ons sak lelik ruk. Maar deesdae dra talle internasionale bekendes ’n bykomstigheid wat nie eens $1 kos te nie! 

Ja, jy hoor reg. Ons het ’n trend ontdek wat goedkoop is en vir vele funksies gebruik kan word. Die item? ’n Eenvoudige swart lintjie.

Die linte se pryse (afhangende van die breedte) wissel tussen R1 – R10 per meter. Dit is ’n spotgoedkoop trend wat jy ook kan dra.

Dra jou swart lint soos die volgende bekendes:

Poppy Delevingne en Rachel McAdams bind dit om hul hare:

Gwyneth Paltrow bind ’n swart lint om haar bokstert:

Vanessa Hudgens dra ’n swart lint as ’n kort halssnoer (choker):

Olivia Palermo, asook Michelle Williams, dra die swart lint by ’n hemp om hul uitrusting op te kikker:

Lees nou

Dogters kry styl-inspirasie uit rocker-pa’s se kas

Geskenk-idees: 10 pa’s, 10 presente

Jy is genooi: 1 rok – 3 troues

Só dra jy hakke sonder pyn