FOTO: Instagram/ @chrissyteigen_instagram

FOTO: Instagram/ @chrissyteigen_instagram

Modestories

Bekendes swanger en stylvol

Enige vrou wat al swanger was of swanger is, sal vir jou sê stylvol en swanger gaan nie altyd hand aan hand nie. En tog, as jy na dié bekendes kyk, is dit wel moontlik. Ons gaan sommer vir jou ‘n paar wenke gee hoe om dit self reg te kry.

1. Wys ’n bietjie skouer. Kyk uit vir tops of rokke met een skouer of kaal skouers soos Liv Tyler

Ohhhh hello!!! #ElleStyleAwards @stellamccartney @davidgardner @jamesbrownhair

A photo posted by Liv Tyler (@misslivalittle) on

2. Dit is een van die spesiaalste tye in jou lewe. Vier dit deur daardie boepie af te wys met stywe klere, soos Chrissy Teigen.

3. As jy ’n klein bietjie selfbewus voel, dra dit saam met ’n los jas of die nuutste moet-hê, ’n moulose jas.

4. Vir die winter is ’n voorkoms van kop tot toon in swart perfek. Dra dit saam met

’n lospassende jas in die nuutste modekleur of kies iets klassieks soos tweed.

5. En ja, jy kan nog noupassende jeans dra, soos Tamsin Egerton, vrou van die akteur Josh Hartnett. Jy sal net vir jou ’n kraamdrag-weergawe moet kry.

6. Die meeste vroue sal erken dat die begin van ’n swangerskap die aakligste deel is. Nie net weens die hormone en naarheid nie, maar ook omdat jy meer vet, as swanger voel. Vir daardie tyd voordat jou boepie lekker wys, dra rompe of rokke wat by die middellyf uitskop, soos aktrise Emily Blunt.

7. Speel met teksture wanneer jy van kop tot tone swart dra soos Kerri Russell.

8. Jy hoef nie horisontale strepe te vermy nie.

Nog wenke

*As jy lief is vir hakskoene, dra liefs wighakke of ’n dik hak.
*As jy ook sukkel om kraamdrag te vind waarvan jy jou, kyk uit vir klassieke items by die mansafdeling, soos polonekke, parka- en snyersbaadjies.
*Onthou, al is jou lyf besig om te verander, hoef jou styl nie ook te verander nie.
*Denim is altyd ’n goeie basis.
*Jy hoef nie altyd net kraamdrag te koop nie, kyk ook na groter groottes of items wat so gesny is dat jy dit ná jou swangerskap steeds kan dra, soos plooi-detail.

 

Lees nou