Geskeurde jeans. Foto: @limelightnova_instagram

Geskeurde jeans. Foto: @limelightnova_instagram

Modestories

Skrikwekkende denim-uitrustings

Elkeen van ons het ’n denim-item of twee. Dis dalk ’n baadjie, jeans, romp of rok. Nou is die groot vraag: hoe gewaagd moet jy met jou denimklere wees? Sal jy die nuwe uitrafel-tendens volg?

Wie kan nou Britney Spears en Justin Timberlake se denim-flater van 2001 vergeet … Behoede ons tog daarvan dat ons ook eendag soos dié twee na ou foto’s kyk en dan dink: “Wat het deur my kop gegaan toe ek dít aantrek?”

Hier volg die denim-uitrustings waaroor ons onseker is. Dit weerspieël wel sekere trends wat nou groot is, maar is dit nie dalk net te veel nie? Wat dink jy, sal jy dit waag?

Is die ‘step fray jeans’ die volgende gróót trend?

 #1 Denim-op-denim

Nee, dit is nie soos ons denim-op-denim ken nie. ’n Denim-rokbroek (culotte) bo-oor jeans is vir seker ’n nuwe uitvindsel!

 

#2 Uitgerafelde oorvou-romp

’n Romp oor jeans: dis terug!

 

 #3 Uitgerafelde broeksoom

Uitgerafel is groot, maar jy kry dit in verskillende style …

 

#4 Asimmetriese denimhemp saam met uitklok-jeans

Só lyk die moderne weergawe van denim-op-denim!

 

#5 Asimmetriese uitgerafelde rok

Asimmetries is groot vir 2016, so ook teksture en onafgewerkte items.

 

#6 Uitgerafelde uitklok-jeans met splete

DIY-jeans is iets wat jy oral sien. Die goeie nuus is dat jy jou eie verweerde ou jeans kan verander in ’n moderne item.

 

#7 Laaste, maar nie die minste nie!

Laswerk aan die agterkant van die jeans. Dit is ’n uiters vreemde tendens wat ons hoop uitgeroei sal word …

 

Gelukkig verskil smaak en styl van mens tot mens. Wat is jou kommentaar oor dié interessante uitrustings?

 

 

  • Elanè

    kielie kielie, elkeen het my so laat lag, ek is denim versot – maar waaragtag die vat dit net ‘n stap te ver. My eie motto is slegs een denim per uitrusting, of ‘n baaidjie, of ‘n jean maar nie enige vd 2 saam in denim nie asb! En denim hoede, nee goeie hemel as ‘n reël is ek nie ‘n hoed mens nie, maar enige iets anders as ‘n pet in denim is dit nee, nee, nee! Geskeurde klere is ook baie lelik ongeag of dit mode is, ek sal niks koop wat geskeur is nie!

  • Frikkie Suzette Lamprecht

    Denim is gemaklik
    Somtyds ook belaglik
    n Moet in elke klerekas
    Een aan die bas en een in die was

    Denim vir oulike onderklere
    Denim vir beide dames en here
    Vir babas en kleuters n defnitiewe plus
    Hoe kan mens so modegier wil blus

    Denim is gemaklik
    Moet dit nie uitbeeld as belaglik
    Sarie gee sorgvuldige denim raad
    n Vrou se skatkis, haar heel beste maat