FOTO Instagram 2blakelively

FOTO Instagram 2blakelively

Modestories

Blake Lively: stylvol en swanger

Jy hoef nie soos ’n tent te lyk terwyl jy swanger is nie! Swangerskap is een van die mooiste ervarings – hoekom moet jy dit wegsteek?

Blake Lively behoort enige swanger vrou se styl-ikoon te wees. Sy is nie vir ’n enkele oomblik skaam om haar swangerskap-kurwes te wys nie.

 

Jy mág dit dra, nes Blake Lively:

 #1 Rokke met uitsny-detail

Kyk na Blake – om ’n bietjie vel te wys tydens swangerskap lyk allesbehalwe sleg.

 

#2 Noupassende items

Daar is min dinge so oulik soos ’n swanger magie.

 

#3 Soomlyn bo die knie

As jy mooi bene het, moenie dink jy moet dit tydens jou swangerskap wegsteek nie.

 

#4 Aandrokke

Jy mág mooi aantrek vir formele geleenthede.

 

#5 Bikini

Dra jou bikini! Blake staan tussen ’n klomp modelle en sy lyk beeldskoon in haar bikini.

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

 

#6 Skouerlose items

Indien jy wel selfbewus is oor jou nuwe kurwes, wys ’n bietjie vel deur jou skouers oop te hou.

Blake is nie die enigste swanger bekende wat stylvol aantrek nie. Nee, Candice Swanepoel, Behati Prinsloo en Olivia Wilde lyk ook pragtig.

Haal uit jou selfvertroue en bêre jou selfbewus-streke, want swangerskap is wonderlik! #wysjoukurwes