Modestories

In die blom!

HEERLIKE LENTE

’n Taankleurige handsak, veral die boodskapperhandsak, is die perfekte aankoop vir die somer se informele voorkoms. Dra dit by ’n rok, romp of broek.

Steen-en-roomkleurige rok met blompatroon van katoen-voile (R450), Poetry. Taankleurige boodskapperhandsak van leer (R1 499), Luella. Pienk waterstewels (R310), Journey. Halssnoer van herwonne glas (R950), The GRAND Shop.

Rok: groottes 6 – 18

Parmantige blaar

Moenie jou blind staar teen blompatrone nie.
Iets met ’n blomgevoel is ook somers, soos
hierdie kortmoutrui met sy kroonblaarvoorkoms.

Vleeskleurige V-nektrui van katoenmengelstof
(R695), Slate. Beige dwarsbaanromp van
maasstof (R499), Nicci Boutique. Fedora-hoed
van strooi (R320), Mungo & Jemima. Pienk
leerbelt (R230), Amanda Laird Cherry @ The Space.
Polkakolsokkies van katoenmengelstof (R50),
Foschini. Wighak van leer (R519), Green Cross.
Metaalblomring (R99), Accessorize.

Trui: grootte slegs medium
Romp: slegs medium

Roos tussen dorings

’n Drapeer-bloes
herinner aan ’n roos in
volle blom
. Dra dit saam
met ’n langbroek.

Dowwe pers bloes van chiffon
(R340), TRUWORTHS LTD. Wynrooi
wyepypbroek (R855), Maya Prass.
Pienk protea-borsspeld van
springbokvel (R220), The Space.

Bloes: groottes 30 – 42
Broek: 32 – 40

Gestrik

Serpe het nie in die winter
agtergebly nie, dra dit ook in
die lente
. Kies ’n serp in ’n ligte
stof, soos sy, sodat dit koel is
teen jou nek.

Pienk-en-roomkleurige
serp van sy (R120), Lulu Belle.
Roomkleurige gestreepte oopknooptrui
van katoenmengelstof (R490),
Jo Borkett. Hangoorbelle van pêrels
(R799), Thomas Sabo.

Trui: groottes S – L

Blomvoet

Die wighak is groot nuus in die
somer van 2009
. ’n Fyn blompatroon
is interessant by ’n pastelkleurige
uitrusting.

Wighak van materiaal met
blompatroon (R379), Zoom.
Perskekleurige rok van
katoenmengelstof (R520),
Coppelia @ The Space. Geel
oopknooptrui
(R520), Mungo& Jemima.
Strooihoed met blom-detail (R230),
Glitterati. Roomkleurige sokkies (R33),
Foschini. Voëltjie-halssnoer van
geelkoper (R1 125), Clara Frasis
@ Mungo & Jemima.

Rok: groottes S – M
Trui: slegs medium

Na aan die hart

Groepeer blomborsspelde
van verskillende groottes saam
en
gee ’n klassieke oopknooptrui somerfleur.

Roomkleurige blomborsspeld van symengelstof
(R169), Accessorize.  Blou aanknip-blomme
(R60 elk), The GRAND Shop. Pienk blom-borsspeld
(R119), Accessorize. Grys oopknooptrui van
katoen (R380), TRUWORTHS LTD. Pienk top met
plooi-detail
(R99,95), Free@bu @ Edgars.
Steenkleurige geplooide broek van katoen
(R470), Wild Fig. Goue leerbelt (R650),
The GRAND Shop. Pêrelring (R1 299),
Thomas Sabo. Kussings met blompatrone
onderskeidelik van Woolworths en KLûk CGDT.
Gordyne van Woolworths.

Trui: groottes 30 – 42
Broek: 32 – 36
Top: 6 –16

Son& sjarme

Beklemtoon ’n mooi middel met
’n breë belt
met ’n lelie-patroon.

Pienk rok van chiffon (R1 295), Hip Hop.
Leerbelt (R1 596), Mungo & Jemima.
Armbande van nagemaakte goud en
kunspêrels
(R119), Smac.

Rok: groottes 32 – 42

Sagtedae

Valle en blomme verleen ekstra
sagtheid aan enige kledingstuk.

Sjampanjekleurige moulose
bloes
met valle (R240), Exact!.
Geplooide romp met blompatroon
(R499), Friends with Jenny. Armbande van
skulp
(R119 elk), Accessorize.

Bloes: groottes 10 – 18
Romp: S – L

  • Lynne

    Mooi en vroulik – dit lyk asof dit NET vir die 40-jariges bedoel is, nie vir iemand met `n magie oppad 60 toe. Ek sou wat wou gee vir `n "make-over", maar tot dusvêr was dit nie vir my beskore nie. Ek smag na `n nuwe klerekas ….

  • f8PqBP bhjtqrghgnpl, [url=http://nuotbqnsgcyh.com/]nuotbqnsgcyh[/url], [link=http://tlwceinvjion.com/]tlwceinvjion[/link], http://xeifkabtrkuu.com/

  • UQ9kx7 cdgbbgbxxzjn, [url=http://sayzhbcigepp.com/]sayzhbcigepp[/url], [link=http://pflmovtqtver.com/]pflmovtqtver[/link], http://aoyvivijpjpe.com/