Blou naweek
Foto’s: Igor Polzenhagen @ Infidels Galery
Dié kleur sê koelte, kalmte, pret en harmonie. Dis somer 2009 se gunsteling – van ligblou en kobaltblou tot vlootblou
OOPKNOOPTRUI
Klassiek en perfek vir koeler dae op die strand, langs die rivier of in die veld.
Ligblou oopknooptrui van katoenmengelstof (R549), Country Road @ Woolworths. Wit sybloes met polkakolle (R1 895), Rosenwerth. Rooi en bruin hout-armbande (R499 elk), Sequoia. Bruin strooihoed (R99,95), Woolworths.
Trui: groottes XS – XL
Bloes: 32 – 38
![]() |
Wyepypbroek Gee ’n speelse, informele gevoel aan ’n wyepypbroek: Ryg ’n lint deur die lussies pleks van ’n belt. Ligblou gestreepte wyepypbroek van katoen (R999), Pepe Jeans. Roomkleurige sybloes met blaartjie-patroon (R799), Pepe Jeans. Plat wit sandale van kunsleer (R229), Queue Shoes. Kleurryke armband van papier-mâché (R395), Slate. Steenkleurig-en-rooi gestreepte lint (R40 vir 5 m), Ebony & Ivory. Broek: groottes 26 – 32 |
![]() |
Maksi-rok Verlede somer was die elegante maksi-rok ’n groot gunsteling. Dis steeds in die kol, veral ’n vlootblou een. Franse vlootblou maksirok van viskose-mengelstof (R999), Poetry. Roomkleurige panamahoed (R248), Tallulah’s. Lint met rooi-en-wit strepe om die hoed gebind (R35 vir 5 m), Ebony & Ivory. Hout-armbande Rok: groottes 6 – 18 |
![]() |
Mansbaadjie Terug uit die vroeë 90’s! Maar as jy spog met baie sexy kurwes, belê eerder in ’n noupassende baadjie. Vlootblou mansbaadjie (R999), Pepe Jeans. Rooi en- wit sybloes met geruite patroon (R699), Country Road @ Woolworths. Wit linne-kortbroek (R995), Rosenwerth. Dun blou belt van kuns-krokodilleer (R199), Slick. Baadjie: groottes XS – XL |
![]() |
Volromp Materiaal wat sag teen jou bene swiep, is ekstra vroulik – ’n naweek-wenner saam met ’n moulose top, selfs werk toe saam met jou klassieke wit hemp. Blou-en-wit katoenromp met blompatroon (R280), Exact!. Wit moulose top met plooi-detail (R349), Country Road @ Woolworths. Wit halssnoer van krale en lycra (R325), Amanda Laird Cherry @ The Space. Rooi-en- Romp: groottes 8 – 20 |
![]() |
Kortbroek Van informeel tot stylvol. Dra jou kortbroek saam met hakskoene– as jy die bene daarvoor het. Blou-en-wit potloodstreepkortbroek van katoen (R160), Hang Ten. Wit bloes van viskosemengelstof (R699,95), Mango. Geel hoepel-oorbelle van hars (R245), Slate. Wit insteekskoene van leer (R499), Green Cross. Kortbroek: groottes 28 – 38 |
![]() |
Langhemp Só veelsydig: Dra dit op sy eie of bo-oor ander items sodat dit soos ’n somerjas voel. Vlootblou-en-wit katoenhemp met geruite patroon (R199,95), Kelso @ Edgars. Denimrok met belt (R799), Sissy Boy. Hoepel-oorbelle van vergulde silwer (R950), Free Range Jewels. Ring van vergulde silwer met Hemp: groottes 6 – 16 |
![]() |
Belt Laat die klem op jou middel val met ’n belt. Van dun tot breed − kies die een wat jou uitrusting die beste afrond. Rok: groottes S – L |
- Assistent Andrea Smith
Verwante artikels
-
Oktober 2009-modefotosessie: Agter die skerms
SARIE - Oktober 2009
Aan die winterweer oorgelaat . . .































Kommentaar