Modestories

Blou naweek

OOPKNOOPTRUI

Klassiek en perfek vir koeler dae op die strand, langs die rivier of in die veld.

Ligblou oopknooptrui van katoenmengelstof (R549), Country Road @ Woolworths. Wit sybloes met polkakolle (R1 895), Rosenwerth. Rooi en bruin hout-armbande (R499 elk), Sequoia. Bruin strooihoed (R99,95), Woolworths.

Trui: groottes XS – XL
Bloes: 32 – 38

Wyepypbroek

Gee ’n speelse, informele gevoel aan ’n wyepypbroek: Ryg ’n lint deur die lussies pleks van ’n belt.

Ligblou gestreepte wyepypbroek van katoen (R999), Pepe Jeans. Roomkleurige sybloes met blaartjie-patroon (R799), Pepe Jeans. Plat wit sandale van kunsleer (R229), Queue Shoes. Kleurryke armband van papier-mâché (R395), Slate. Steenkleurig-en-rooi gestreepte lint (R40 vir 5 m), Ebony & Ivory.

Broek: groottes 26 – 32
Bloes: XS – XL

Maksi-rok

Verlede somer was die elegante maksi-rok ’n groot gunsteling. Dis steeds in  die kol, veral ’n vlootblou een.

Franse vlootblou maksirok van viskose-mengelstof (R999), Poetry. Roomkleurige panamahoed (R248), Tallulah’s. Lint met rooi-en-wit strepe om die hoed gebind (R35 vir 5 m), Ebony & Ivory. Hout-armbande
(R396 elk), Tallulah’s. Houtblok-halssnoer (R64), Nek @ The Space.

Rok: groottes 6 – 18

Mansbaadjie

Terug uit die vroeë 90’s! Maar as jy spog met baie sexy kurwes, belê eerder in ’n noupassende baadjie.

Vlootblou mansbaadjie (R999), Pepe Jeans. Rooi en- wit sybloes met geruite patroon (R699), Country Road @ Woolworths. Wit linne-kortbroek (R995), Rosenwerth. Dun blou belt van kuns-krokodilleer (R199), Slick.

Baadjie: groottes XS – XL
Bloes: XXS tot XL
Kortbroek: 32 – 38

Volromp

Materiaal wat sag teen jou bene swiep, is ekstra vroulik – ’n naweek-wenner saam met ’n moulose top, selfs werk toe saam met jou klassieke wit hemp.

Blou-en-wit katoenromp met blompatroon (R280), Exact!. Wit moulose top met plooi-detail (R349), Country Road @ Woolworths. Wit halssnoer van krale en lycra (R325), Amanda Laird Cherry @ The Space. Rooi-en-
beige balletstylskoene (
R799), Nine West. Breë rooi belt van kunsleer (R199), Slick.

Romp: groottes 8 – 20
Top: XS – XL

Kortbroek

Van informeel tot stylvol. Dra jou kortbroek saam met hakskoene– as jy die bene daarvoor het.

Blou-en-wit potloodstreepkortbroek van katoen (R160), Hang Ten. Wit bloes van viskosemengelstof (R699,95), Mango. Geel hoepel-oorbelle van hars (R245), Slate. Wit insteekskoene van leer (R499), Green Cross.

Kortbroek: groottes 28 – 38
Bloes: S – L

Langhemp

Só veelsydig: Dra dit op sy eie  of bo-oor ander items sodat dit soos ’n somerjas voel.

Vlootblou-en-wit katoenhemp met geruite patroon (R199,95), Kelso @ Edgars. Denimrok met belt (R799), Sissy Boy. Hoepel-oorbelle van vergulde silwer (R950), Free Range Jewels. Ring van vergulde silwer met
ambersteen
(R1 650), Free Range Jewels.

Hemp: groottes 6 – 16
Rok: XS – XL

Belt

Laat die klem op jou middel val met ’n belt. Van dun tot breed − kies die een wat jou uitrusting die beste afrond.

Blou kunsleer-belt (R199), Slick. Roomkleurige skederok van viskosemengelstof (R899,95), Mango. Rooi-en-wit polkakolsyserp (R169),
Accessorize. Goudkleurige armband (R199), American Swiss. Rooi wighakskoene van kunsleer (R450), Sissy Boy.

Rok: groottes S – L

  • http://kcvtwkvaqipf.com/ xislzue

    KWDqWo jvagbotqkhng, [url=http://rxduprbidilr.com/]rxduprbidilr[/url], [link=http://skixzupyhitr.com/]skixzupyhitr[/link], http://vwaxwbvqvypo.com/

  • http://ttaaznagcsdm.com/ sdtsdlt

    UAM5uu yinyvqwsliws, [url=http://wdanujzxrlsw.com/]wdanujzxrlsw[/url], [link=http://ubfltjvjckxg.com/]ubfltjvjckxg[/link], http://brjfatuhvlln.com/