FOTO Instagram @khloekardashian

FOTO Instagram @khloekardashian

Modestories

Brandmaer is uit, kurwes is in!

Die dae van die uitroepteken-figuur is uit! Jy moenie meer skaam wees vir jou kurwes nie. Beklemtoon dit, wys dit, spog daarmee – moet dit tog net nie wegsteek nie. 

Net ’n paar jaar gelede was vroue nog skaam vir hul “groot” boude. Nou vier ons dit!

En wie moet ons bedank? Die Kardashian-suster! Hulle is gedeeltelik daarvoor verantwoordelik dat die beeld van die “slegte” peervormige figuur heeltemal verander het. Deesdae oefen vroue, ondergaan plastiese chirurgie en doen veel meer om groter boude te kry.

Dames en “pere”, hou op skaam wees en wegkruip agter los, lang en onvleiende uitrustings. Jy mág met selfvertroue daardie stywer items dra.

Ongelukkig is dit ook hier waar die paw-paw die fan strike. Kyk, daar is ’n verskil tussen stylvolle noupassende klere en aandag trek op ’n verkeerde manier. Jy wil nie soos ’n roomys-cone lyk nie!

3 goue reëls vir ’n núwe sexier, “stywer” klerekas

#1 Koop die regte grootte

Moenie té klein, noupassende items koop nie. Dit is ongemaklik en skep nog ekstra kurwes wat onvleiend kan wees.

#2 Eenkleurig

Dink swart-op-swart, wit-op-wit, rooi-op-rooi. Eenkleurige items (pakkies) is baie vleiend.

#3 Dra die regte onderklere

Wat meer kan ek sê? As jy jou bates gaan vertoon, maak seker daar is nie ekstra kurwes wat iewers wys nie.

 

Ons leer by die sexieste uurglas-figure hoe om jou kurwes te stileer:

Kim K, Kourtney Kardashian, Khloé Kardashian en Kylie Jenner is baie lief vir eenkleurige uitrustings wat die middellyn beklemtoon. Hulle dra ook gereeld neutrale kleure.

Die susters is glad nie skaam vir ’n sensuele halslyn (cleavage) nie, inteendeel hulle wys sommer “alle bates” op een slag!

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Skraap jou selfvertroue bymekaar en loop neus in die lug as jy jou noupassende items dra. Gooi daardie boude!

Lees nou

Boude met houding!

Aitsa, Barbie kry kurwes!

Instagram kan nie vroue met kurwes stop nie!