FOTO: Instagram 
@billboard

FOTO: Instagram @billboard

Modestories

Britney Spears verras by Billboard-rooitapyt

Dit was gister die jaarlikse Billboard-musiektoekennings en bekendes was (veronderstel) om hul beste modevoet voor te sit.

Maar soos ons weet, kry hulle dit nie altyd reg nie. Britney Spears kom beslis op ons lysie van die aand se swaks geklede vroue …

Ons weet die sterre dra deesdae baie gewaagde uitrustings wat nie veel aan die verbeelding oorlaat nie, maar dit voel vir ons of die uitrusting ’n onderstuk kort. Dis dalk meer gepas vir ’n verhoogoptrede as vir die rooi tapyt.

 

Maar die volgende sterre het geskitter op die rooi tapyt.

Laverne Cox

Zendaya

Ariana Grande

Heidi Klum

In die algemeen was ek nie so beïndruk nie. Wat dink jy?

Die wenners

Nie almal se uitrustings het op die rooi tapyt gewen nie, maar die volgende kunstenaars is vir hul talent en sukses die afgelope jaar beloon.

Top-kunstenaar:

Adele –  WENNER
Justin Bieber
Drake
Taylor Swift
The Weeknd

Billboard-toekenning (deur die publiek gekies):

Rihanna – WENNER
Adele
Drake
The Weeknd
Little Big Town

Top-R&B-liedjie:

The Weeknd, “The Hills” – WENNER
Alessia Cara, “Here”
​Omarion Featuring Chris Brown & Jhené Aiko, “Post To Be”
The Weeknd, “Can’t Feel My Face”
The Weeknd, “Earned It (Fifty Shades of Grey)”

 

Top-Billboard 200-album:

Adele, 25 – WENNER
Justin Bieber, Purpose
Ed Sheeran, x
Taylor Swift, 1989
The Weeknd, Beauty Behind The Madness

Manlike kunstenaar van die jaar:

Justin Bieber – WENNER
Drake
Fetty Wap
Ed Sheeran
The Weeknd

Vroulike kunstenaar van die jaar:

Adele – WENNER
Selena Gomez
​Ariana Grande
Rihanna
Taylor Swift

Nuwe kunstenaar van die jaar:

Fetty Wap – WENNER
OMI
Charlie Puth
​Silentó
Bryson Tiller

Top-groep:

One Direction – WENNER
Maroon 5
twenty one pilots
The Rolling Stones
U2

Top-sosialemedia-kunstenaar:

Justin Bieber – WENNER
Selena Gomez
​Ariana Grande
Demi Lovato
Taylor Swift