Modestories

Ontmoet die ontwerpersduo, Christopher Strong

Die legendariese aktrise Katharine Hepburn het in 1933 in haar tweede fliek, Christopher Strong, gespeel – die storie van verbode liefde tussen Lady Cynthia Darrington, ‘n vlieënier, en haar getroude minnaar, Christopher Strong (gespeel deur akteur Colin Clive).

Lady Cynthia was, anders as die vroue van daardie era, besonder vurig en voor haar groot liefde, ‘getroud’ met haar werk. Dis juis hierdie vurigheid wat dié ontwerp-duo geïnspireer het om hul besigheid só te doop. Die regisseur van die fliek was ook die enigste vrou wat vollengte flieks in die 1930’s verfilm het – ene Dorothy Arzner.

Die fliek, Christopher StrongKatharine Hepburn in die fliek Christopher Strong

Hul ontwerpe is bekend vir hul perfekte snyerswerk, skoon lyne, vroulike silhoeëtte én uitstekende gehalte – al die beginsels waarvoor die 1930’s-modes so bekend is. Dít sorg vir tydlose items wat ware beleggings-items in ‘n klerekas word.

* Koop Christopher Strong in SARIE se aanlynwinkel!

Vandag se slim Christopher Strong-kopie is die maksi-rok (R790)  – vleiend en super-veelsydig!

Maksirok (R790), sarie.com-winkel