Modestories

Coco vir Kersfees

Pêrels was Coco Chanel se persoonlike stempel.

Halssnoer van varswaterpêrels (R899), American Swiss. Swart ooptoonhakskoene van kunsblinkleer (R199), Kelso @ Edgars. Swart deurgestikte kunsleer-handsak met goudkleurige ketting-handvatsels (R219,95), Edgars.

[box:full:grey:both]

Ag, innovasie! ‘n Mens kan nie net heeltyd innoveer nie. Ek wil klassieke items skep” – Coco Chanel

[/box]

Mode-sessie: Desember 2009

 
Wit manshemp



Witmanshemp


Wit hemp van katoenmengelstof  met swart knope (R590), Jo Borkett. Roomkleur-en-swart sybloes (R799), Trenery @ Woolworths. Swart das (R399), Trenery @ Woolworths. Swart broek van rekbare kreip (R450), Hilton Weiner. Goudkleurige metaalspeld met wit inleg (R55), Glitterati.

Hemp: groottes 30 – 36

Bloes: 8 – 16

Broek: 30 – 38


Tweedbaadjie

Tweedbaadjie


Roomkleurige geruite wolbaadjie (R2 200), Habits. Grys volromp van geborselde katoen (R425), Coppelia @ Mungo & Jemima. Sjampanjekleurige bloes van katoen-en-symengelstof (R799), Trenery @ Woolworths. Glaspêrel-aanknipoorbelle (R299), Sequoia. Sjampanjekleurige hakskoene van satyn (R399), Sissy Boy @ Cosmo Footwear. Kunspêrelaanknipoorbelle (aan skoene) (R95), Glitterati.

Baadjie: groottes 32 – 38

Romp: S – M

Bloes: 8 – 16

Chainlinkhandsak

Chainlinkhandsak


Swart-en-roomkleurige deurgestikte handsak van kunsleer met kettinghandvatsel (R399), Aldo. Ligpienk-en-beige rok van sy-chiffon en glansstof (R850), Jenni Button. Goudkleurige metaal-armbande

(R189 elk), Accessorize. Goudkleurige oorbelle met swart kristalstene

(R145), Slate. Swart enkelstewels van leer met uitsny-detail (R999), Aldo.

Rok: groottes 30 – 40

Pêrels  

Pêrels


Multi-string-halssnoer met pêrels en rodium-oorgeblaasde ketting (R11 970), Boezaart Bauermeister. Kort, nousluitende ligpienk satynrok met watervalmoue (R1200), Lipsy. Swart handsak van kunsleer (R549,95), Charter Club @ Edgars.

Patroon-syserp (R75), Glitterati.

Rok: groottes 8 – 16

Oopknooptrui  



Oopknooptrui


Silwer strikkievormige oorbelle met varswaterpêrels (R550), Mungo & Jemima. Naaswit oopknooptrui van viskosemengelstof met swart knoop-detail (R299,95), Charter Club @ Edgars. Grys geruite katoenbroek (R549), Esprit.

Trui: groottes 8 – 18

Broek: 32 – 40

“‘n Styl gaan nie uit die mode solank dit aanpas by die tydsgees nie.Wanneer ‘n styl en ‘n sekere manier van dink nie ooreenstem nie, is dit nooit die styl wat oorwin nie”, Coco Chanel

Manspak  

Manspak


Swart baadjie (R1 100) en broek (R650), Jenni Button. Charlie Chaplin- T-hemp (R350), Nicci Boutique. Dun roomkleurige belt van kunsblinkleer (R345), Slate. Roomkleurige-en-swart balletstylskoene van leer (R1 100), Coast & Koi.

Swart ring met glassteen (R300), Lulu Belle.

Baadjie en broek: groottes 30 – 40

T-hemp: S – L

Vlootstrepe



Vlootstrepe


Donker-en-liggrysgestreepte moulose top van katoenmengelstof

(R210), Mungo & Jemima. Wit baadjie met driekwartmoue (R148),

Second Time Around. Piouter-en-kunspêrelvlieg-borsspeld (R95), Lulu Belle. Piouterketting-halssnoer (R180), Lulu Belle. Swart broek van wolmengelstof

(R1 600), KLÛK CGDT.

Top: groottes S – M

Baadjie: slegs M

Broek: op aanvraag

“Luuksheid moet gemaklik wees, anders ís dit nie luuksheid nie”, Coco Chanel


Swart rok  

Swart rok


Swart V-nek-rok van viskose-breistof (R460), Friends with Jenny. Swart leerhakskoene met veterdetail (R1 299), Aldo. Kunspêrels (R35,95 per string), Edgars. Swart sykouse met streeppatroon (R59,95), Falke. Armbande, van bo na onder: Pêrel-en-kristal rek-armband (R519), Sequoia, breë rekbare kunspêrel-armband (R260), Glitterati en glaspêrel-armband met diamanté-insetsels (R589), Sequoia.

Rok: groottes 32 – 36