Modestories

Koop dié 5 items by ’n uitverkoping

Van ons gunsteling-klerewinkels se uitverkopings het begin én boonop is dit die einde van die maand. Maar moenie net iets koop omdat dit afgemerk is nie, gaan in met ’n plan en koop slim.

Ons mode-span deel die 5 items waarna jy moet soek tydens dié seisoen se uitverkopings.

1. Daardie item wat jy nog die hele seisoen in die oog het

Almal het daardie een item wat jou oog vang elke keer as jy deur die winkel stap, maar net nie oor jou hart kan kry om dit te koop nie. Nou is die geleentheid waarvoor jy gewag het! Hopelik is die item nog beskikbaar in jou grootte!

Florian Handbag en Tessie Boots

 2. ’n Klassieke snyerskortbroek

Moenie kortbroeke koop wat té modieus is nie. Kies eerder ’n tydlose snit wat jy later vanjaar weer sal kan dra. Kies ’n broek in ’n neutrale kleur wat by baie bloese in jou kas pas. Pasop ook vir broeke wat té kort is – jy wil dié tipe broek na meer formele geleenthede ook wil kan dra.

Linen Shorts en Stretch Twill 7 Inch Shorts

 3. ’n Swart broek

’n Staatmaker-item waarvan jy nooit te veel kan hê nie. ’n Swart broek lyk altyd formeel en stylvol en kan met enigiets gedra word. Maak seker dat jy ’n swart formele broek én ’n swart denim in jou kas het wat jy vir enige geleentheid kan aantrek.

Studded Skinny Jeans en Bow-belt Work Pants

4. ’n Wit hemp

’n Tydlose kledingstuk wat gepas is vir enige seisoen. Kies ’n elegante hemp wat jy na informele geleenthede saam met ’n jean kan dra, maar wat ook nie sal afsteek by meer formele geleenthede nie. En belê in goeie materiaal wat nie vinnig oud en geel sal lyk nie.

Studded Shirt en Embossed Boxy T-shirt

5. Buitelug-baadjies (parkas)

Hierdie baadjie kan in die winter en somer gedra word. In die winter dra jy dit oor lae klere en in die somer kan dit jou warm hou as die weer onvoorspelbaar is. Dra dit by ’n langbroek of selfs by ’n rok!

Botta Hooded Parka en Navy Parka

Top-wenk

Moenie te seisoen-spesifiek koop nie. Dis jou geleentheid om die gapings in jou kas te vul met klassieke items sonder om jou bankrekening ’n knou te gee.