Sixteen Jones 
FOTO @prawn_star_instagram

Sixteen Jones FOTO @prawn_star_instagram

Modestories

Dogter van bekende SA groep in voorste ry by New Yorkse Modeweek

Die New Yorkse Modeweek is in volle swang en bekendes kry klerekas-inspirasie vir lente/somer 2017 in die Noordelike Halfrond.

Die bekende SA musiekgroep Die Antwoord se Ninja en Yolandi Vi$$er was ook daar, saam met hul dogter. Hulle was gaste by die Alexander Wang-vertoning.

Sixteen Jones, Die Antwoord se dogter, was in die voorste ry saam met groot name soos Madonna, Pamela Anderson, Anna Wintour, Kylie Jenner en nog vele meer.

9:48 PM | @madonna & Lourdes Leon sit front row at the #WANGSS17 show. Photo: @sherlyrabbani

A photo posted by ALEXANDER WANG (@alexanderwangny) on

@pamelaanderson & @dylanjaggerlee at the #WANGSS17 show.

A photo posted by ALEXANDER WANG (@alexanderwangny) on

9:41 PM | @kinggoldchains & @kyliejenner sit front row at #WANGSS17. Photo: @sherlyrabbani

A photo posted by ALEXANDER WANG (@alexanderwangny) on

Die laaste keer dat ons Sixteen gesien het, was in 2012 op die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Rolling Stone. Die Antwoord het toe groot opslae in Amerika gemaak.

Die Antwoord op die voorblad van Rolling Stone in 2012

Die Antwoord op die voorblad van Rolling Stone in 2012

Ons het nog altyd gewonder wat van haar geword het, met sulke buitengewone ouers. Vogue noem haar die koninklike dogter van Rap.