claire
Modestories

Die blinkste sterre by die Screen Actors Guild-toekennings

Dramatiese kleure is ’n groot trend op die oomblik, en dit werk nou eenmaal goed wanneer dit by aanddrag kom. Hier is ons stylwenners:

Claire Danes (foto bo)

Die wenner vir beste aktrise in ’n drama-reeks het fantasties gelyk in haar dramatiese Givenchy-rok en met bykomstighede van Niel Lane.

January Jones

January Jones in Prabal Gurung

Dié Mad Men-aktrise het asems weggeslaan in ’n treffende  wit en swart rok van Prabal Gurung. Sy het die uitrusting perfek afgerond met skoene van Roger Vivier en juweliersware van Lorraine Schwartz.

Marion Cotillard

Marion Cotillard in Christian Dior

Hierdie beeldskone Franse aktrise, wat benoem is vir haar rol in die film Rust and Bone, het haar tuisland ondersteun met ’n wit en blou skepping uit Christian Dior se Herfs 2013-reeks. Swart skoene (ook Dior) en Chopard-juweliersware het die uitrusting voltooi.

WATTER EEN IS JOU GUNSTELING?

  • Elizabeth

    Ai tog NEE vir January Jones se rok! Dit lyk of sy ‘n wit borslap aanhet! Of haar servet by die ete vooraf ingesteek en daar vergeet het! Gelukkig tog dat smaak verskil want ja, sy SOU my asem wegslaan met daardie rok, nie omdat dit mooi is maar omdat ek nie kan glo iemand dra so iets nie! Baie eienaardig. En dan nog die snaakse pof haarstyl daarby? Marion Cotillard lyk stukke beter en die blou is treffend! Dankie Sarie dat ons ons beskeie mening shier kan uitspreek – al stem ek nie altyd saam met jul keuse nie! ;-)