Modestories

Modebewustes, teken solank dié datum aan!

As daar een datum is waarna alle modebewustes uitsien, is dit dié een …

Ons raai julle aan om dit ook in jul dagboek aan te teken – Donderdag 3 November. En waarom is dit so belangrik?

Die  ontwerpershuis Kenzo het in samewerking met H&M ’n spesiale reeks net vir dié klerewinkel ontwerp. Dit is net in uitsoektakke wêreldwyd beskikbaar en in Suid-Afrika sal jy dit by hul winkels in V&A Waterfront, Kaapstad en Sandton City, Johannesburg, kan koop. Nou kan jy ontwerpersklere koop teen ’n raps van die prys wat dit normaalweg kos.

Die dolligheid tydens die bekendstelling van so ’n reeks is oorweldigend en die deure maak spesiaal ’n uur vroeër oop. Ja, maak seker dat jy al voor 8h00 by een van dié winkels is om nie die kans van ’n leeftyd mis te loop nie.

Rosario Dawson in Kenzo x H&M

Rosario Dawson in Kenzo x H&M

In die Kenzo x H&M-veltog verskyn ook ouer modelle soos Iman (61 jaar), Chloë Sevigny (41) en Rosario Dawson (37), wat wys dat die reeks met sy sterk spel van patroon op patroon vir enige ouderdom werk as jy bereid is om te waag.

Chloë Sevigny in Kenzo x H&M

Chloë Sevigny in Kenzo x H&M


5 feite oor Kenzo:

• Kenzo is vanjaar 46 jaar oud. Dit is in 1970 begin deur die Japanse ontwerper Kenzo Takada (77 jaar).
• In 1965 het Kenzo Takada Parys toe verhuis om meer te leer oor mode.
• Die trefkrag van Kenzo se ontwerpe lê in die meng van patrone en verskillende materiale met ’n tikkie Japanse invloed.
• As ’n arm ontwerper in die laat sestigers moes Kenzo Takada sy materiale meng omdat hy nie genoeg geld gehad het om rolle en rolle materiaal te koop nie. So het sy unieke kenmerk ontstaan.
• In 1999 het Kenzo Takada afgetree, maar hy is tans die ere-president van die Asiatiese Couture-federasie.

’n Voorsmakie van enkele items in die Kenzo x H&M-reeks:

Romp (R1 199)

Top (R749)

Top (R799)

Romp (R1 499)

Bloes (R1 099)

Rok (R1 499)

Bloes (R899)

Top (R1 199)

Omkeerbare baadjie (R2 999)

Omkeerbare kimono (R3 799), slegs beskikbaar V&A Waterfront, Kaapstad

Serp (R399)

Broek (R1 099)

Bronne: Belgian Fashionista, Wikipedia