Wasmasjiene. Foto: @offthegridgrandpa_instagram

Wasmasjiene. Foto: @offthegridgrandpa_instagram

Modestories

Die groot debat: om jeans te was of nie

Die modeontwerper Tommy Hilfiger het al gesê hy was sy jeans nie so gereeld nie. Selfs vir maande nie.

via GIPHY

Ook Levi’s se grootbaas, Chip Bergh, het by die Fortune Brainstorm Green-konferensie in 2014 erken die jeans wat hy toe gedra het, het ’n jaar gelede seep en water gesien! Grillerig? Dalk nie. Die meeste mense was hul jeans om higiëniese redes.

Die nuutste is

Plaas jou jeans vir 24 uur in ’n verseëlbare sakkie in die vrieskas om bakterieë dood te maak. Op dié manier spaar jy water en dra by tot volhoubaarheid, want hulpbronne raak nie uitgeput nie en ekologiese skade word nie aangerig nie. Dis hoeka nie so ’n slegte idee met die waterkrisis in ons land nie.

“Ek stem saam dat jy nie jou jeans so gereeld hoef te was nie, hulle raak immers beter met tyd, ouderdom en ná elke dra. Maar as hulle vuil is, kort hulle beslis ‘n kouewater-was,” sê Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur.

Jou jeans van rekmateriaal hoef jy ook nie so gereeld te was nie, maar as jy voel die rek is nie meer so styf in die materiaal nie, kan jy dit gerus in die wasmasjien gooi.

FOTO: Unsplash / Jaelynn Castillo

FOTO: Unsplash / Jaelynn Castillo