Modestories

Dié juweliersware moet jy nou dra

Hou jou blink kant voor met unieke juweliersware in ‘n verskeidenheid style – van oorgroot en fyn tot klassiek en geometries-modern.

Mooi kort
Die kort en meer noupassende halssnoer (choker) is terug. Wat ook al jou smaak, daar is iets vir jou – fyn met interessante detail of bonkig en oorversier. Bekendes soos Taylor Swift, Rihanna en Kourtney Kardashian is al met dié halssnoer gesien.

Vir ewig en altyd
Dié tendens het nie brieke nie! Die oneindigheidsteken (infinity symbol) bly groot. Met die juweliersware beloof jy aan ‘n geliefde op ‘n glansryke manier jou oneindige liefde.

Het jy geweet?
“Infinity” is die wiskundige term vir ‘n getal wat nie einde het nie.

Geometries wen die kroon
Die interessante lyne van driehoeke, piramides en kubusse is die inspirasie vir dié nuwe juweelmode. Dis ‘n absolute móét vir ‘n moderne voorkoms.

Pêrel-liefde
Tydlose pêrels is dié seisoen oral te sien. Die klassieke edelsteen het wel ‘n moderne voorkoms en die grootste tendens is pêrelringe, oorboordjies en bonkige halssnoere en armbande. Egte pêrels of kunspêrels, maak nie saak nie.

Oorboordjie
Versier ook die oorskulp van jou oor met ‘n oorboordjie (ear cuff) en nie net die oorlob nie. Die oorbel hak oor die rand van die oor se skulp, so daar’s geen ekstra pyn met gaatjies wat geskiet hoef te word vir dié tendens nie.

Het jy geweet?
Die oorboordjie (ear cuff) het al in 2000 v.C. bestaan en was toe bekend as die Kafta

Kyk hier waar jy van die juweliersware kan koop:

Armband met pêrels

Armband , Nomination versprei deur Treger Group

Stel met drie ringe

Ringe , Miglio

Gelukbringertjie

Armband

Armband , American Swiss

Armband

Armband , Dear Rae

Oorboordjie

Oorboordjie , Mimco by Woolworths

Oorboordjie

Oorboordjie , Mr Price / map.com

Armband

Armband , Thomas Sabo versprei deur Treger Group