Georgio Armani na sy Lente Somer 2016 vertoning in Parys

Georgio Armani na sy Lente Somer 2016 vertoning in Parys

Modestories

Dié modebekendes wil net nie aftree nie

Groot mode-ikone is reeds diep in hul 60’s, 70’s en selfs 80’s, maar tog dink hulle nie eens aan aftree nie. Hulle is al in hul goue jare, maar werk sal hulle werk. Saartjie het so bietjie gaan kyk wie laat hulle nie deur die ouderdom terughou nie.

SAARTJIE-hastag

Met die gemiddelde aftree-ouderdom van 60 jaar in Suid-Afrika is dit dalk ’n skok om te hoor dat baie van dié bekendes net nie wil ophou werk nie. Ek meen dit is nou nie asof hulle móét werk nie; hulle het immers die geld om heerlik te kan aftree.

Daar is dalk ’n paar redes waarom hulle nie wil aftree nie: Hulle het ’n groot passie en liefde vir wat hulle doen en dít is die ding wat hulle soggens laat opstaan. Óf hulle is sulke control freaks dat hulle net nie die leisels aan iemand anders kan oorhandig nie. Wat dit ook al is, ons sal nooit weet nie, maar dié lot is nog hard aan’t werk.

Dit is baie inspirerend vir jong mode-ontwerpers en -liefhebbers om te sien daar is nie ’n ouderdomsbeperking in die bedryf nie. Groot mode-ikone het, soos almal, onder begin en deur die jare ‘n goeie naam opgebou.

Valentino Garavani, ontwerper van die gewilde modehuis Valentino, is al 83 jaar oud en daar is nog nie sprake van aftree nie.

A photo posted by Valentino (@maisonvalentino) on

Karl Lagerfeld bewys op 77 vir jonger ontwerpers dat jy selfs ná aftree-ouderdom twee groot modename kan “bestuur”. Hy is Chanel se mode-direkteur en hoof-ontwerper, én hy ontwerp onder sy eie naam.

Carolina Herrera, wat bekend is vir haar sjiek rok-ontwerpe, is ook al 77 jaar oud.

Grace Coddington, voormalige model en modedirekteur van die Britse Vogue, is 74 jaar oud. Sy het aangekondig dat sy in Januarie aftree, maar sy gaan wel nog stilering doen vir Vogue.

Donna Karan, DKNY-ontwerper, is al 67 jaar oud. Sy het verlede jaar afgetree as hoofontwerper, maar werk nog daar as adviseur.

Anna Wintour, redakteur van die Amerikaanse Vogue, is al 66 jaar oud en word steeds by elke modeweek gesien in ‘n stylvolle uitrusting.

Giorgio Armani spog met ‘n volle 81 somers agter die blad. Hy het die handelsname Giorgio Armani sowel as Emporio Armani gestig.

Klink my die mode-ikone is soos ’n goeie bottel wyn: hoe ouer, hoe beter.

Lees nou

Model Cindy Crawford word 50