Modestories

Die nuutste sonbrilmodes

Treffende vorms en subtiele detail in vintage-style. Dít is waarna jy dié seisoen in ’n sonbril moet soek.

Sonbrille is duur en om een te koop wat lank in die mode sal bly, is belangrik. Die luukse-handelsmerk Louis Vuitton het hul nuwe sonbrille vir vanjaar se somerseisoen bekend gestel. En dié handelsmerk se reekse is gewoonlik ’n goeie aanduiding wat die trend is.

Kies só die regte bril vir jou gesigvorm

Watter trends is in dié reeks?

  • Klassieke donkerbrille met skilpaddop-rame
  • Dié seisoen se brille is kleurryk met aksente van fuchsia en violet (skakerings van Pantone se kleur van die jaar), bruin en donkerblou
  • Metaal-detail in die arms
  • Die katoog-vorm is steeds groot nuus, asook die oorgroot lens
  • Retro- en vintage-style gaan vir ’n ruk nog in die mode wees
  • Die nuwe vorm wat in dié reeks bekend gestel word, is ’n meer hoekige lens wat in tweekleurige asetaat geset is en wat wyd op jou gesig sit

Blaai deur die galery om Louis Vuitton se sonbrilmodes te sien

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

FOTO: Bjarne Jonasson vir Louis Vuitton

Sonbrille in die SARIE-winkel in elke prysklas

R100

R200 – R300

R400 – R500

R1000+

* Toe dié artikel gepubliseer het, was die pryse korrek en die items was nog in voorraad.