Verskeidenheid van oorbelle, c(inch) by spree.co.za

Verskeidenheid van oorbelle, c(inch) by spree.co.za

Modestories

Gaatjies in die ore – nuwe celeb-trend

Vroue het tradisioneel een gaatjie in elke oor. Maar daar is ’n nuwe gier onder bekendes – constellation piercing. Hoewel dit al dekades gesien word, is dit hierdie somer dié manier om jou ore te versier. 

Jou oor raak as’t ware ’n klein kunswerk met verskillende oorbelle wat interessant saamgegroepeer word in ’n driehoek.

Só skiet jy jou gaatjies:

Eerste opsie
Daar is die driehoekige “konstellasie” – letterlik drie oorgaatjies wat ’n driehoek vorm op jou oorlob (die drie goue knoppies op die foto). As jy bang is om gaatjies deur jou kraakbeen te skiet, is dít die maklikste manier om die trend te volg. Selfs sonder die twee goue ringetjies en die diamantblommetjie hieronder het jy dan jou konstellasie-driehoek.

By BKT. #BrianKeithThompson #BodyElectricTattoo

A photo posted by Brian Keith Thompson (@bodyelectrictattoo) on

Tweede opsie 
Oorgaatjies wat oor jou hele oor versprei is, van die oorlob tot op jou oorskulp, ’n trend wat al ’n tyd lank gewild is.

  By #BrianKeithThompson #BodyElectricTattoo #Constellation   A photo posted by Brian Keith Thompson (@bodyelectrictattoo) on

Dit lyk vir ons baie sjiek en modern en ons sal dit graag wil uittoets.

Wat dink jy van die trend?

Bron: Refinery29