Jeans mans
Modestories

Kyk dié denims vir mans!

Van laslap-detail tot hooggesnyde meisie-style … dít is die nuwe jeans waarin mans nou ook gaan pronk.

Sedert Levi Strauss en Jacob W. Davis in 1873 hul denimbroeke as arbeidersklere gepatenteer het, het jeans ’n onmisbare deel van so te sê elke klerekas geword.

Nou spoel die interessante jean-tendense van 2016 uit Amerika en Europa oor na ons toe. Kyk net hier hoe mansdenim-modes van nou af gaan lyk vorentoe:

Verweerde of geskeurde jeans

Denim wat meer ingeleef lyk, “uitgewas” of oordadig gekleur is, word al hoe gewilder. Die skeure word al hoe erger en die gate groter, sê die ontwerpers van Topshop se Topman.

Kan jy glo die handelsmerk Amiri skiet selfs in die Kaliforniese woestyn met ’n haelgeweer gate in hul jeans!

amiri jean

Ontspanne snit

Skinny- en ander noupassende style domineer steeds die mark. Maar dit maak juis dat die tendense weer na die ander kant toe gaan swaai.

Ons gaan jeans met losser snitte en meer volume in die broekspype sien, en invloedryke ontwerpers oor die wêreld heen begin reeds meer van dié silhoeët ten toon stel. Die sakkerige denims word met opgerolde broekspype gedra.

Kommersiële ontwerpers soos Levi’s stel ook nou die styl beskikbaar, en sommige word selfs met laslapwerk versier.

WhatsApp Image 2017-01-12 at 13.53.32 (1)

Borduurblomme vir die Texas tuxedo 

Die laslap-detail bly nie net by denim op denim nie. Ons sal ook ander teksture en kleure begin sien soos wat die tendens posvat. Ook detail soos appliek-bloeisels kan die denim versier, soos hier deur Dsquared2 gewys word. “Graffiti” word ook met bleikmiddel op die items geskryf.

WhatsApp Image 2017-01-12 at 13.53.33

Die reël wat nog ’n paar jaar gelede gegeld het dat jy nie denim van kop tot tone dra nie, is duidelik nou op sy kop gekeer. Onder andere het Dolce & Gabbana denim op dié manier, soos dit in die Spaghetti Western-fliek van ouds gedra is, gewys. Gucci het weer gespog met groot geblomde borduurwerk op ’n trokdrywerstyl-baadjie.

WhatsApp Image 2017-01-12 at 13.54.06

Van dungarees met ’n denimhemp en -baadjie tot ’n sportbaadjie, onderbaadjie en broek in denim van verskillende skakerings wat alles saam gedra word, word al hoe gewilder. Denim-oorpakke word ook baie gesien.

WhatsApp Image 2017-01-12 at 13.54.30

‘Girlfriend’-jeans vir mans

Ja, dis nou nie meer net boyfriend-jeans vir vroue nie. Hooggesnyde broeke, wat ons met vrouestyle assosieer, begin die laaggesnyde hipster-snit vervang. Tog was die styl tot en met die 90’s deel van mans se klerekas. Al skrik ons nou daarvoor is dit beslis nie ’n nuutjie nie.

Wit denim

Jy hoef nie bang te wees dat jou wit broek vuil gaan smeer langs die braaivleisvuur nie. Calvin Klein het dit reeds self vir jou gedoen met sy besmeerde wit denimreeks.

Onthou dat ’n wit denim een van die moeilikste voorkomste is om te laat werk. Vermy helder kleure en hou eerder by neutrale, natuurlike en aardse skakerings as jy die look gaan probeer. Vir ’n denimbaadjie in wit is klassieke chino’s ’n goeie keuse.

WhatsApp Image 2017-01-12 at 13.53.42

 

Lees nou

Is dié trend terug? #nolstalgie

Nuwe trend: Baie Hollywood-bekendes dra nou hul hare só

Kim K se skokkende jean-keuse