FOTO Instagram @chungalexa

FOTO Instagram @chungalexa

Modestories

Alexa Chung – wie is sy, en hoekom moet jy haar styl dophou?

Alexa Chung is vandag een van die modewêreld se grootste styl-inspireerders en jy sien haar by al wat ’n internasionale modeweek is. Dié 32-jarige Britse donkerkop is ’n model, TV-aanbieder en bydraende redakteur van die Britse Vogue.Ons is gaande oor haar voorkoms en styl. Sy het ’n natuurlike skoonheid en boonop ’n kop vir besigheid!

Haar modeloopbaan wissel naatloos tussen dié van model, joernalis en toonaangewer vir nuwe trends. Sy verskyn steeds gereeld as model in Vogue en Harper’s Bazaar, as redakteur sit sy in die voorste gestoeltes by al die modeweke en as trendsetter het Mulberry al ’n handsak na haar vernoem.

screencapture-www-mulberry-com-shop-alexa-1468585469151

In 2010 is sy benoem as een van die Britse tydskrif Tatler se top-10 bes geklede vroue. Sy het in 2011, 2012 én 2013 die British Fashion Awards-prys gewen. Sy het ook saam met J.Crew ’n klerereeks vir die New Yorkse Modeweek ontwerp.

Alexa se liefdeslewe is byna net so interessant soos haar modeloopbaan. Sy het van 2003 – 2006 met die bekende modefotograaf David Titlow, wat 20 jaar ouer as sy is, uitgegaan. Daarna was sy en die Arctic Monkey-sanger Alex Turner vir vier jaar ’n paartjie. Sedert 2015 is sy en die Tarzan-akteur Alexander Skarsgård in ’n verhouding. Hulle is baie privaat en is nog min saam afgeneem.

Alexa gaan uiteindelik ’n klerereeks bekend stel. Ons is kinderlik opgewonde om te sien hoe dit gaan lyk.

Dié items verwag ons in Alexa se reeks

Fluweel-items

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

T-hemde met slagspreuke op

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Dungarees

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Nagklere as daguitrustings

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Victoriaans-geïnspireerde bloese

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Blom-borsspelde

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Blokkiespatrone (gingham)

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Pakke

A photo posted by Alexa (@chungalexa) on

 

Hou Alexa Chung dop, want ons voorspel groot dinge vir haar loopbaan. Volg haar ook op Instagram vir mode-inspirasie!