Modestories

Dié rok van Kate Middleton wil almal hê

Dit staan bekend as die Kate-effek. Wanneer Kate Middleton iets dra of iets vir haar kinders koop, verkoop dié items binne minute uit.

En dis presies so met een van die rokke wat sy tydens die amptelike toer na Indië gedra het.

Mense was gaande oor die mooi patroonrok waarin sy krieket gespeel het. So baie wou dié rok in die hande kry dat die ontwerper daarvan, Anita Dongre, se webtuiste nie al die verkeer kon hanteer nie.

Die Indiese ontwerper het aan die The Wall Street Journal gesê sy was nie eens seker of en wanneer die hertogin haar rok sal dra nie en dat sy net “’n klein handelsnaam in Indië is”.

anita

Een ding is seker: Anita en haar klerereeks is nou wêreldbekend. Sy het bestellings vir dié rok die van wêreld oor gekry.

Kry ’n soortgelyke rok hier:

Noupassende rok, G.Couture by Spree

Noupassende rok, G.Couture by spree.co.za

Maksi-rok, H&M

Midi-rok, H&M

Bronne: KISS1065 en The Wall Street Journal

Lees nou

Kate Middleton se Marilyn Monroe-oomblik

Kate Middleton, die redakteur

34 kere wat Kate Middleton se styl gewen het – op haar 34ste verjaarsdag

Die Kate-effek …