Modestories

Laat jou voete jou bedank

Uniek en gemaklik. Skoene van rekkies is perfek vir jou as jy aktief is en die buitelug geniet, of sommer graag in die winkels rondloop.

rock2spring

Rock spring

Skoene van rekkies? Ja, jy het reg gehoor, skoene van rekkies en dit word met die hand gemaak. Dit verseker uiterste gemak omdat jou voete vrylik kan beweeg.

As die skoene (vanaf R499) nie meer skoon is nie, gooi jy dit bloot in die wasmasjien en siedaar, skoon!

Die gemakskoen het ’n glyvaste sool wat dit ideaal maak vir ’n aktiewe leefstyl. Jy kan dit gebruik vir joga, visvang, stap, ná sport of sommer net vir elke dag se gemak.

Kies uit die groot verskeidenheid style en kleure in Rock Spring se skoenreeks iets vir jóú leefstyl: 

Landwyd beskikbaar by groot afdelingswinkels, uitsoekklerewinkels en -skoenwinkels, asook spesialiteitsportwinkels en buitelewewinkels.

Besoek www.rockspring.co.za vir meer inligting.