Lanvin

Lanvin

Modestories

So geel soos die Paryse son

As daar ’n hiërargie in die mode-wêreld is, is die Parys Modeweek heelbo. En as ons een ding tydens dié modeweek geleer het, is om nie bang te wees vir geel nie.

New York, Londen en Milan se loopplanke kreun van die nuwe trends, maar dit is die Paryse Modeweek wat die afgelope naweek klaargemaak het, wat die finale beslissing oor die nuutste mode-trends het.

Vanjaar se Lente / Somer 2014-versamelings is kleurryk – van pastelkleure tot donker bloue en groene, en die wit-op-wit-voorkoms is ook lank nog nie verby nie. Maar wat op die Paryse loopplanke uitgestaan het, is geel uitrustings.

Guy Laroche

FOTO: Guy Laroche (Instagram)

Geel en ander tropiese kleure en motiewe dien deesdae as inspirasie vir vele ontwerpers. Geel word verbind aan gelukkige emosies en vreugdevolle herinneringe en die tropiese motiewe herinner aan somer – daarom is dié trend so vollop!

Hier in Suid-Afrika het ons eie ontwerpers ook nie geskroom om geïnspireer te word deur die natuur en hierdie sonnige kleur nie …

Vrug dien as inspirasie vir dié ontwerper

Die Suid-Afrikaanse handsak-ontwerper Chloe Townsend het onlangs deur Kenia gereis en inspirasie vanuit ’n onverwagte oord gekry. Op haar reis het verskeie dinge haar opgeval – die mense, die kultuur en die omgewing. Maar dit was die nederige piesang wat in oormaat in dié land is, wat haar geïnspireer het.

Die vorm en helder kleur van dié vrug het haar nuwe reeks, Queendom of Banana, geïnspireer. Dié reeks is by Missibaba te koop wat Chloe in 2005 gestig het. Dié winkel (ook ‘n aanlyn-winkel) verkoop ontwerpersbykomstighede wat Suid-Afrika en Afrika vier.

Kry jou geel-inspirasie in die SARIE-winkel

(klik op die item se naam om dit te koop)

Silk printed Kaftan en Watch with Aztec dail

Patent lace-ups en Striped bag with yellow handles