Modestories

Die sport-item is gróót onder bekendes

Ja, dis tyd om jou pa of kêrel se kep te leen voordat die son vanaand sak.

Dit lyk al hoe meer of die kep die nuwe fedora is. Nee, nie die “flat cap” nie! Die kep en dit kook onder jong bekendes. Rihanna, Gigi Hadid, Hailey Baldwin, Cara Delevingne, Miranda Kerr en Behati Prinsloo is gaande oor hul “kêrels” se keppe.

Dit is nou ’n bykomstigheid soos jou handsak en jy mag dit in die aand ook dra. Dis perfek vir deur die dag, veral vir die sonnige dae wat voorlê.

BONUS: Jy lyk stylvol én dit beskerm jou gesig teen die son!  

Dis hoe van die bekendes hulle keppe dra

Riri wys jy kan in die aand ook ’n kep dra.

H&M R129

H&M R129

 

Gigi Hadid dra die bekende New York Yankees-kep wat jy deesdae orals sien. Dit laat haar uitrusting minder “formeel” lyk!

Sportscene R499

Sportscene R499

 

Hailey Baldwin dra ’n kep by ’n formele rok.

 
 
A photo posted by Hailey Baldwin (@haileybaldwin) on

Superbalist R399

Superbalist R399

 

 Cara Delevingne dra haar kep agterstevoor.

Sportscene R399

Sportscene R399

 

Skrik wakker en koop nóú 

Swart kep by H&M

New York Yankees-kep by Sportscene

Manchester United-kep by Superbalist

LE COQ SPORTIF-kep by Sportscene

LE COQ SPORTIF kep, Sportscene