Sarah Jessica Parker.
FOTO @sarahjessicaparker_instagram

Sarah Jessica Parker. FOTO @sarahjessicaparker_instagram

Modestories

Dié rok is ’n wenner vir bekendes

Dis die één rok wat in elke vrou se klerekas hoort. Tydloos, klassiek, sjiek: die swart rok, oftewel Little Black Dress (LBD).

Van oud tot jonk, slank tot kurwes, maak nie saak nie – bekendes soos Hollywood-ikoon Audrey Hepburn, Kim Kardashian, Jennifer Aniston en Sarah Jessica Parker is almal gaande oor ’n swart rok.

In byna elke film waarin Audrey gespeel het, het sy een of ander vorm van die LBD gedra. Dink aan Sabrina (1954), Funny Face (1957), Love in the Afternoon (1957) en Charade (1963). Maar dit was veral haar swart rok in Breakfast at Tiffany’s (1961) wat dié nommertjie ikoniese status gegee het.

breakfast time.

A photo posted by liar liar. (@liarliarlingerie) on

Ons het verlief geraak op die ongelooflike styl van Sarah Jessica Parker se karakter Carrie Bradshaw van Sex in the City-reeks. Nie net is haar karakter lief vir swart nie, maar die aktrise is self ’n aanhanger van die LBD. Volgens Vogue het sy besluit om haar eie reeks swart rokke te ontwerp. Dit sal vanaf Oktober beskikbaar wees by Bloomingdales – wat ook in Suid-Afrika aflewer.

 

Hier’s ’n voorsmakie van haar LBD-ontwerpe:

Hoekom moet jy belê in ’n LBD-nommer?

’n Swart rok bly gewild en is vir seker ’n staatmaker, veral as jy nie weet wat om aan te trek nie. Dis tydloos, sjiek en pas by elke vrou!

Bekendes wat ook dié nommertjie dra:

Jennifer Lopez en Kim Kardashian

Dié twee bekendes hou daarvan om hul kurwes af te wys en beklemtoon. ’n Swart rok is dus nóóit vervelig nie!

Taylor Swift

I feel like maybe chokers are the new flower crowns? A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on  

Rolene Strauss

Jennifer Lopez dra dit klassiek ook

Alicia Vikander

Olivia Palermo

 

Kate Middleton

 

Selena Gomez

Lees nou

Amalia se laaste dag op stel!

FOTO’S: Prinses Charlotte en prins George in hul element

Die sport-item is gróót onder bekendes