Modestories

Die top-trends by die Londense Modeweek

Ongelukkig kan ons almal nie in die voorste ry by die internasionele modeweke sit nie, maar met dié foto’s wat die trends vir vanjaar se herfsmodes wys, voel dit asof jy ook by die Londense Modeweek was.

Ons het verlede week gekyk na die trends by die New Yorkse Modeweek. En nou is dit die Londense Modeweek se beurt.

Kyk hier na trends by die New Yorkse Modeweek

Die Britse ontwerpers was speleriger as hul Amerikaanse eweknieë en het die herfsmodes meer kleurryk aangepak. Die Britte was ook meer eksperimenteel met patrone en snitte.

Blaai deur ons galery vir foto’s van die Londense Modeweek:

Trend: Die bonkige trui

Christopher Kane het met warm wintertruie gespog.
FOTO: Instagram

Trend: Die bonkige trui

Nóg truie van Christopher Kane.
FOTO: Instagram

Trend: Mansdrag

Klassieke items kry ’n moderne aanslag in die modehuis 1205 se mode-vertoning.
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Eudon Choi se uitrustings was snoesig en kan maklik van die loopplank na die straat gedra word.
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Een van die ontwerpershuis Grace se uitrustings wat vertoon is. Die klassieke snit van die swart rok pas by die meeste figure.
FOTO: Instagram

Trend: Inspirasie uit die argitektuur

Die ontwerper Sarah Harding se uitrustings was minimalisties en gestruktureerd. Haar inspirasie kom uit die argitektuur.
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Die modelle van Pringle of Scotland was netjies in klassieke klere met spatsels kleur.
FOTO: Instagram

Trend: Die oorgroot jas

Oorgroot jasse, soos dié een van Jonathan Saunders, is groot nuus vir die Noordelike Halfrond se koue herfs- en wintermaande.
Jonathan het ook met kleure gespeel - veral pienk en pers gekombineer met neutrale taan, wit en bruin.
FOTO: Instagram

Trend: Die oorgroot jas

Drew Henry was een van die nuwelinge by vanjaar se modeweek en die kenners het sy lof besing. Al het hy dié kuns in Londen geleer, is hy in Johannesburg gebore. Talent uit Suid-Afrika!
FOTO: Instagram

Trend: Speelse detail en kleurkombinasies

Anita Hirlekar was ook een van die nuwelinge wat haar reeks gewys het. Sy het aandag getrek met haar unieke ontwerpe.
FOTO: Instagram

Trend: Die midi-romp

Midi-rompe (wat jou kuit sny) was ook volop. Dié uitklokromp is deur Graham Fan ontwerp.
FOTO: Instagram

Trend: Inspirasie uit die argitektuur

Antonio Berardi het ook sterk lyne gekies.
FOTO: Instagram

Trend: Speelse detail en kleurkombinasies

Anya Hindmarch se Counter Culture-reeks het 'n groot impak gemaak.
FOTO: Instagram

Trend: Speelse detail en kleurkombinasies

Burberry se nuuste item? Die poncho; ’n gedrapeerde kombers om die skouers vir die koue maande.
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Burberry se poncho's was 'n treffer.
FOTO: Instagram

Trend: Inspirasie uit die argitektuur

Hierdie uitrusting van Christopher Kane het die kollig gesteel tydens sy mode-vertoning. Kyk net daardie argitektoniese lyne!
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Kleure soos swart en goud het Erdem se klerereeks oorheers. Die borduurwerk en swaar materiaal soos fluweel het herinner aan Russiese koninklikes.
FOTO: Instagram.

Trend: Klassieke items word modern

Giles se reeks was simplisties en terselfdetyd baie byderwets. Die modelle het aan die einde met hul selfone op die loopplank verskyn en hul eie vertoning afgeneem!
FOTO: Instagram

Trend: Uitknip-detail

Uitknip-detail is steeds ’n gunsteling by sommige ontwerpers. JW Anderson het hierdie neiging omarm, maar dit gekombineer met aardse kleure en gesofistikeerde snitte.
FOTO: Instagram

Trend: Speelse detail en kleurkombinasies

Mary Katrantzou se uitrustings was mooi getooi met versierings. Elkeen het anders gelyk en daar was, soos by die New Yorkse Modeweek. baie wintersrokke in haar reeks.
FOTO: Instagram

Trend: Speelse detail en kleurkombinasies

Een van Mary Katrantzou se rokke.
FOTO: Instagram

Trend: Mansdrag

Paul Smith, bekend vir sy mansklere, het nie geskroom om die vroue in manlike klere aan te trek nie - dit is juis een van die nuutste mode-neigings vir die herfs.
FOTO: Instagram

Kikker jou klerekas op in net 4 stappe!