Modestories

Die top-trends by die Paryse Modeweek

Ongelukkig kan ons almal nie in die voorste ry by die internasionale modeweke sit en skouers skuur met die wêreld se bekendste mode-ontwerpers nie, maar met dié foto’s wat die trends vir vanjaar se herfsmodes wys, voel dit asof jy ook by die Paryse Modeweek was.

Dié modeweek is altyd ’n hoogtepunt. Nie net is dit die laaste in ’n reeks modeweke wat die herfsmodes wys nie, maar die swier en styl van Franse modes word nie maklik elders gevind nie. Dit is ook die laaste groot modeweek op ons skedule voordat die SA Modeweek in April afskop.

Kyk deur ons galery na al die trends wat dié modeweek opgelewer het.

Trend: Interessante en kleurryke materiale

Nina Ricci het pragtige materiale gebruik vir haar rokke en jasse
FOTO: Instagram

Trend: Interessante en kleurryke materiale

Nina Ricci se golwende materiale het gesorg vir interessante silhoeëtte op die loopplank
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Maison Margiela het klassieke items gemoderniseer
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Roklengtes wat tot die middel van jou kuit kom, is hoogmode vir herfs, soos dié swart rok van Lanvin
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

'n Eenvoudige slooprok met asemrowende detail. Lanvin het detail en baie donker ondertone in sy reeks gehad
FOTO; Instagram

Trend: Die hoed

Lanvin se modelle het gelyk asof hulle uit 'n ander era stap met hul
wye hoede en hul uitrustings met plooi-detail
FOTO: Instagram

Trend: Helder kleure, maar donker ondertoon

Kenzo is bekend vir hul helder kleure en verassende kleur-kombinasies. Vir herfs het die helder kleure 'n donker ondertoon, nes Lanvin se versameling
FOTO: Instagram

Trend: Helder kleure, maar donker ondertoon

Nog 'n foto van Kenzo se versameling
FOTO: Instagram

Trend: Interessante en kleurryke materiale

Julien David het ook gewys dat dit nie net die snit is wat saak maak nie, maar ook die materiaal. Interessante materiale gaan groot wees dié herfs!
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Dries Van Noten het ook na die verlede gekyk vir inspirasie. Daar was 'n 1930's-invloed in sy versameling, maar hy het dit met rebelse detail gemoderniseer
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Nóg 'n uitrusting van Dries Van Noten
FOTO: Instagram

Trend: Helder kleure, maar donker ondertoon

Dior se versameling was ook vol helder, primêre kleure
FOTO: Instagram

Trend: Klassieke items word modern

Céline het nie ver van hul kenmerkende gesofistikeerde styl afgewyk nie
FOTO: Instagram

Kyk hier na die belangrikste trends van die vorige modeweke