SDR_0681
Modestories

Die Treffende Trio: Skip #Myfabulous – Jenevieve

Drie ontwerpers van drie SA stede moes elk ’n klerereeks ontwerp na aanleiding van mense se Instagram-foto’s in Skip se #Myfabulous-inspirasie-wedstryd. Die reekse is op 13 Augustus by die Skip Fashion Exchange in Johannesburg bekend gestel. Hulle vertel waar hulle inspirasie gekry het, meer oor die kreatiewe proses en hul ervaring.

JENEVIEVE LYONS | Kaapstad | #MyFabulousCPT

“My ontwerpproses was baie organies. Die pragtige landskappe en gedempte kleure wat deur #MyFabulous op ’n mistige oggend in Kaapstad vasgevang is, het vir ongelooflike beelde gesorg. Die ikoniese weer van die Moederstad het werklik elke foto gekomplementeer, van die bloospienk geboue tot die nou paadjies en seiljagmaste.

“My reeks is ’n kombinasie van deursigtige materiale gemeng met interessante ontwerpe waarmee ek poog om die lineêre lyne en teksture van Kaapstad se geboue vas te vang. Die mislaag was ’n groot inspirasie.

“Vir my was dit ’n eer om Kaapstad in die Skip #MyFabulous Collection te verteenwoordig. Dit was nie net ’n inspirerende ervaring nie, dit was ook ’n goeie leerskool.”

Ontwerp-sketse

Range at a view

 

Instagram-inspirasie

Lees Rich se storie oor sy J’burg-inspirasie HIER

Lees hoe Sibu Durban gebruik het as inspirasie vir haar reeks, HIER