SDR_0517
Modestories

Die Treffende Trio: Skip #Myfabulous – Sibu

Drie ontwerpers van drie SA stede moes elk ’n klerereeks ontwerp na aanleiding van mense se Instagram-foto’s in Skip se #Myfabulous-inspirasie-wedstryd. Die reekse is op 13 Augustus by die Skip Fashion Exchange in Johannesburg bekend gestel. Hulle vertel waar hulle inspirasie gekry het, meer oor die kreatiewe proses en hul ervaring.

SIBU MSIMANG| Durban | #MyFabulousDBN

“Dit was ’n ervaring wat my met nuwe oë en waardering na Durban en alles om my laat kyk het. Durban is meer as net ’n landskap, die strand; dit ís die mense. Deelnemers het ongelooflike foto’s van die Moses Mabhida-stadion, en net sulke interessante foto’s van graffiti-kuns en die strand gestuur. Ons leef regtig in ’n wonderlike stad met gunstige weer.

“Durban het ’n ryk Indiese erfenis, so my reeks het volop speserykleure soos masala en saffraan. Die spesery- inspirasie word effens gedemp
met neutrale kleure. Die styl is ontspanne en ek maak ook ruim gebruik van tradisionele kralewerk vir bykomstighede.

“Die #MyFabulous Collection het my weer eens laat besef dat drome wel waar kan word.”

Ontwerp-sketse

20150706_105824

Instagram-inspirasie

Lees Rich se storie oor sy J’burg-inspirasie HIER

Lees Jenevieve se storie oor haar Kaapse inspirasie HIER