SKIP
Modestories

Die Treffende Trio: Skip #Myfabulous

Drie ontwerpers van drie SA stede moes elk ’n klerereeks ontwerp na aanleiding van mense se Instagram-foto’s in Skip se #Myfabulous-inspirasie-wedstryd. Die reekse is op 13 Augustus by die Skip Fashion Exchange in Johannesburg bekend gestel. Hulle vertel waar hulle inspirasie gekry het, meer oor die kreatiewe proses en hul ervaring.

RICH MNISI | Johannesburg | #MyFabulousJHB

SDR_0640

“Ek is self van Johannesburg en het min of meer die tipe inspirasie wat ek uit die projek sou kry, voorspel. Die Instagram-gebruikers het Johannesburg se verskillende strukture, kwesbaarheid, hoeke, lyne, kleure en teksture vasgelê soos hulle dié stad se skoonheid en inspirasie beleef.

“Elke fotograaf se foto het die ontwerpproses interessant en opwindend gemaak. Dit het my kreatiwiteit geprikkel en ek het onmiddellik begin skets aan my tegniese tekeninge, materiale gekies en patrone uitgesny.

“My reeks is gestruktureerd met ’n kleurpalet wat Johannesburg beklemtoon.

“Met dié reeks vertel ek nie net die storie van #MyFabulous nie, maar ook van my ateljee, OATH Studio, en die stad waar my loopbaan begin het.”

Ontwerp-sketse

SKETCH WORKING1

Instagram-inspirasie

Lees Jenevieve se storie oor haar Kaapse inspirasie HIER

Lees hoe Sibu Durban gebruik het as inspirasie vir haar reeks, HIER