FOTO Instagram / @theankletcompany

Modestories

Is dié trend terug? #nolstalgie

Vir ’n geruime tyd is die choker-halssnoer weer gewild en deesdae dra van bekendes tot Jan(ine) Alleman dit. Het jy geweet ’n soortgelyke treffer is stadig maar seker besig om terug te kom? Ja, die enkelketting is ook hier.

Ek is persoonlik nogals mal oor dié trend, want dit kikker jou voete op!

Rihanna is een van die celebs wat gaande is oor haar enkelkettings:

Dit word op straat, op loopplanke en selfs op die rooi tapyt gesien: