Modestories

Staatmaker-stewels dié winter & jy kan dit wen!

Enkelstewels is gróót! Ons sien dit oral, van die loopplanke tot straatstyl-modes.

Dit weerspieël dié seisoen se mode-nuanses en is ’n besliste moet-hê-item vir jou winterkas. Dit pas by enige uitrusting, van ’n vloeiende, vroulike rok tot die nuutste rafel-jeans.

pierrecardintag

Met die verskillende hakhoogtes en interessante detail wat te kry is, is daar geen beter tyd as nóú om ’n paar enkelstewels aan te skaf nie.

Enkelstewels is meer as net die nuutste gier, dis ’n leefstylkeuse en jy sal dit vir meer as een seisoen kan dra. Kry jou inspirasie by straatstyl-modes en wees dié winter stylvol met enkelstewels.

Vroulik saam met ‘n vloeiende rok

 

Gemaklik saam jou gunsteling-jeans

 

Stylvol saam met ‘n kort rok

Of jy nou nuwe lewe in jou stewelversameling wil blaas met ’n paar stewels wat aandag trek óf op soek is na ’n gemaklike paar vir elke dag – met dié Pierre Cardin-enkelstewels sal jy voorloop aan die modefront:

Bruin enkelstewels met gespe-detail

Stewels , Franco Ceccato

Bruin enkelstewels

Beige enkelstewels met detail van kuns-slangvel

Bruin enkelstewels met kunspels-detail (ook beskikbaar in swart)

Stewels , spree.co.za

Bruin enkelstewels

Stewels , Zando

Swart enkelstewels met gespe-detail

Stewels , Zando

Swart kunssuède-enkelstewels

Bruin toeryg-enkelstewels

Dié is meer 'n tekkie as 'n stewel, maar jy kan dít ook wen

Dié is meer 'n tekkie as 'n stewel, maar jy kan dít ook wen

Landwyd beskikbaar by voorste afdelingswinkels, uitsoekwinkels vir klere en skoene, en aanlyn winkels soos spree.co.za en Zando. Skakel 011-345 8000 vir verskaffers. 

WEN!

WEN! 10 gelukkige lesers kan elk ’n paar van dié stewels wen. Al wat jy moet doen is om jou besonderhede hieronder in te vul – en as jy wen, kan jy jou gunsteling-paar kies! Die wedstryd sluit 28 Junie 2016.