Modestories

Winter 2012: Die wintertuin

Vergeet van grys winter en somber buie. Dié seisoen is ’n tyd om positief te wees. Hierdie gevoel van optimisme word geskep met massas blompatrone. En, nes blomme, laat parfuum jou vrolik en gelate voel. Noudat die warm dae van die somer verby is, het die tyd aangebreek om jou ligte parfuum vir ’n swaarder geur te verruil. Winterparfuums word gekenmerk deur diep note soos muskus, bergamot, sandelhout en pruim.

DIE INSPIRASIE

Jy hoef nie vir lente te wag om jou in blomme te verlustig nie! Blomme van elke soort is nou oral te sien – solank dit op ‘n donker agtergrond is vir ‘n wintergevoel.

Paul Smith - Londen ModeweekJil Sander - Milaan ModeweekMary Katrantzou - Londen Modeweek

IN DIE WINKELS

Die leliedou-hangertjie van Janine Binneman (R495) is by sarie.com beskikbaar. Fyntjies en vroulik, en die ideale geskenk. Die steen, wat wissel van glasgroen na vaalgroen, is ’n baie mooi kleur.

Leliedou-hangertjie van Janine Binneman by sarie.com

Blomtuinserp (R250) van sarie.com

Blomtuinserp van sarie.com

Trofee-T-hemp (R345) van Colleen Eitzen by sarie.com

Trofee-T-hemp

Kunspêrel-ring met blomdetail (R129), Scarlet @ American Swiss

Kunspêrelring vna Scarlet @ American Swiss

Plastiekraam-sonbril met blompatroon (R199), YDE

Plastiekraam-sonbril van YDE

Waterstewels van rubber met blompatroon 
(R1 999), Hunter

Waterstewels van Hunter

Denimhemp (R699), Ronald Sassoon
Katoenbroek met wye pype (R650), Lisp 

Dun kunsleer-belt (R199), Slick
Silwer-en-goudkleurige ketting-halssnoer met lapblom-detail (R199), Accessorize

Denimhemp van Ronald Sassoon, katoenbroek van Lisp, Dun kunsleer-belt van Slick, halssnoer van Accessorize

Goue uil-halssnoer met diamanté-detail (R299), Accessorize

Goue uil-halssnoer van Accessorize

Katoenhemp (R499,95), Mango Katoen- langbroek met plooie (R699) 46664 Dun belt van kunsleer (R299), Slate Bonkige plastiek-halssnoer (R89), Metallic Mermaid

Katoenhemp van Mango, kantoenlangbroek van 46664, dun belt van Slate, bonkige halssnoer van Metallic Mermaid

Platform- hakskoene van satyn (R399), Queue.

Platformhakskoene van Queue

Swart vintage-handsak met blompatroon en plastiek-handvatsels (R530), Babette

Swart vintage-handsak van Babette

IN JOU GRIMEERSAKKIE

Vir ’n geur wat langer hou, stel kenners voor dat jy in die wintermaande die gekonsentreerde eau de parfum-weergawe van 
jou gunsteling-parfuum dra.

Foto: M.A.C

41 jaar oud! Die perfekte wintergeur: patsjoelie en salie kom tot hul reg in Clinique Aromatics Elixir
(R635 vir 45 ml EDP).

Clinique Aromatics Elixir

Verkwikkend met bergamot, Calvin Klein Sheer Beauty (R720 vir 
50 ml EDT)

Calvin Klein Sheer Beauty

Lemoenbloeisel hou muskus vars, Versace Yellow Diamond (R730 vir 50 ml EDT)

Versace Yellow Diamond

Mosgeure in Jo Malone London Blooms Collection in Peony & Moss 
(R950 vir 
100 ml EDC)

Jo Malone London Blooms Collection

Romantiese hout en mos, Yardley Forbidden Lace 
(R200 vir 
50 ml EDP)

Yardley Lace

Sensuele vanielje in Dior Hypnotic Poison (R745 vir 50 ml EDT)

Dior Hypnotic Poison

Katjiepiering! Gucci Flora Gorgeous Gardenia (R995 vir 
100 ml EDT)

Laventel en muskus in Chanel Jersey (R1 380 vir 
75 ml EDT)

Chanel Jersey

KUIER AGTER DIE SKERMS BY DIE MODE-FOTOSESSIE

  • chanel 2.55

    I?ve recently started a blog, the info you offer on this site has helped me greatly. Thanks for all of your time & work.
    chanel 2.55 http://chanel255online.weebly.com/