sr0904mode03
Modestories

Dis mos denim!

KLOKROMP
Uurglasfiguur? Dié een is vir jou. Dra dit in die hartjie van die winter by knus kniehoogte stewels.

Denim-klokromp (R430), Foschini. Roomkleurige plooiehemp (R550), Carducci. Dun goue belt (R199), Slick. Grys sweedsleer-hakskoen (R699), Luella. Beige-en-swart kniehoogte kouse met ruitpatroon (R45), Cameo @ Burhose. Bronskleurige handsak (R599), Luella. Syserp (aan handsak) (R75), Lulu Belle. Vergulde silwer-en-kornalynring (R7 640), Free Range Jewels.

Romp: groottes 8 – 16
Hemp: 32 – 40

Mode-sessie April 2009

Baadjie Noupyp

BAADJIE
Dié seisoen se netjiese denimbaadjie
weerspieël die snyersdrag-neiging. Dít
en ’n wyepypbroek in ’n neutrale kleur
skep ’n klassieke voorkoms.

Sandkleurige hoëmiddellyf-broek van
linne (R1 450), Rozenworth. Satyntop
(R1 999), Aftershock. Bonkige
goudkleurige halssnoer (R275),
Lulu Belle. Denimbaadjie (R430),
Foschini.

Broek: groottes 32 – 38
Top: S – L
Baadjie: 8 – 16

NOUPYP
Sexy en alte hip: perfek vir ’n jong
wilgerlatlyfie en ’n paar hemelhoë
hakke. Vermy noupyp-jeans as jy
met breë heupe geseën is.

Roomkleurige bloes met chiffonvalle
(R350), Pulsate. Noupyp-jeans (R499),
Sissy Boy. Dun grys belt (R130), ASA @
The Space. Dun armbande (R69 vir ’n
stel van 12), Accessorize. Swart, goue
en piouter armbande (R99 vir ’n stel
van 4), Accessorize. Grys-en-beige
slangvelhakskoen (R399), Zoom.

Bloes: groottes S – L
Jeans: 26 – 38

Stewelsnit Wyepyp

STEWELSNIT
Dié snit is die vleiendste vir die meeste
figuurtipes. Ook ’n treffer saam met
elke skoen – van gemaklike plattes
tot jou sexy hakke!

Grys maasstof-top (R590), Lunar.
Roeskleurige leerbelt (R550), Lulu Belle.
Grys sweedsleer-hakskoen (R699), Luella.
Moulose gebreide top (R2 766), Cigar.
Pêrel-en-swart kralehalssnoer (R85),
Foschini. Stewelsnit-jeans (vanaf R199,95), Woolworths.

Maasstof-top: groottes 32 – 38
Moulose top: S – L
Jeans: 30 – 42

WYEPYP
Onthou, wye pype verslank breë heupe.
Só ’n broek met ’n hoë middellyf is nommerpas
vir ’n regaf figuur.

Wyepypjeans (R229,95), Edgars.
Swart-en-beige chiffontop (R2 095), Aftershock.
Roomkleurige Melton-jas, (R2 500), Pringle.
Grys balletstylskoen van sweedsleer (R380),
Sissy Boy. Silwerkleurige ring met pêrel-versiering (R50), Foschini.

Jeans: groottes 6 – 16
Top: S – L
Jas: 8 – 18

Potloodromp 70&aposs Klokjeans

POTLOODROMP
Dié klassieke rompsnit is prominent
in winter 2009. Dra dit stylvol saam
met ’n moulose vallebloes en blink
maasstofbaadjie.

Denim-potloodromp (R230), IDENTITY.
Roomkleurige vallebloes (R399), Slick.
Beige maasstofbaadjie met blinkers
(R2 400), KLûK CGDT. Voetlose kouse
met luiperdvelmotief (R49,95), Falke.
Goue belt (R350), Lulu Belle. Silwerarm-
band, geoksideerde silwerarmband en vergulde silwerarmband (R2 160 elk),
Free Range Jewels.

Romp: groottes 30 – 42
Bloes: slegs M
Baadjie: slegs 32

 

70’S KLOKJEANS
Die nuutste snit op die rakke. Dit pas
knus om die bobene en skop wyd uit
van die knie af ondertoe.

Klokjeans (R280), Foschini. Goue nek-
strikbloes (R410), Miyabi @ The Space.
Roeskleurige leerbaadjie (R3 999),
Levi’s. Bruin-en-swart gladiator-hakskoene van slangvel (R999), Luella

Jeans: groottes 8 – 16
Bloes: slegs S
Baadjie: S – L