Modestories

Somer 2016 – kyk wat is dié bykomstigheid van bekendes

Dit is byna Desember, wat beteken somer, swembad, see, vakansie! Ons het so bietjie op Instagram gaan loer wat die bekendes by hulle het wanneer hulle langs die water ontspan.  

En tot ons verrassing was dit lugmatrasse – ja, opblaasswane, -flaminke en -eenhorings (unicorns) waarop hulle ontspanne ronddryf en in die son baai.

Which one would you lounge on? #pooltoys #poolswan #poolunicorn #relaxindubai #justfloating

A photo posted by Myles H Jones (@myles_h_jones) on

  Happy Birthday, @marhunt I have too many incredible memories with you to count, and I’m so thankful for every one of them.   A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Last day of vacation! A photo posted by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

#popvizyonloves#pool#poolswan#poolparty

A photo posted by P O P V İ Z Y O N (@popvizyon) on


Ons vermoed dat die prettige swaan sosiale media gaan oorneem in 2016 se somervakansie. Dié opblaasspeelding is ons absolute gunsteling en ideaal vir die swembad, die dam of enige rivierfees. Sien jouself hierop ontspan vir ure aaneen, met ʼn skemerkelkie in die hand … kort jy werklik meer oortuiging?

Hier is die swaan saam met ander items op ons wenslysie vir die luilekker dae:

Reuse-opblaasswaan

Swaan, Sixth Floor by Superbalist

Gooi vir eers jou hakke in die hoek. Jou voete verdien ook ʼn vakansie! Stap die somer in gemak en styl met plat sandale.

Plakkies, Havaianas by spree.co.za

Jy kan nooit te veel swembroeke inpak nie. Kyk uit vir 'n eenstuk as jy 'n nuwe een wil aankoop.

Swembroek, London Hub by spree.co.za

Stylvolle kaftan met borduurwerk, perfek om oor jou swembroek te dra.

Kaftan, H&M

Dit maak nie saak watter seisoen dit is nie, ʼn mooi sonbril is altyd ʼn goeie belegging.

Sonbril, C(inch) by spree.co.za

ʼn Groot sonhoed is een van ons gunsteling-bronne van sonbeskerming.

Sonhoed , Only by Superbalist

Swemhanddoek

Swemhanddoek, Country Road by Woolworths

Mode-intern: Lezaan Nel