FOTO Unsplash - Simon Schmitt

FOTO Unsplash - Simon Schmitt

Modestories

Dit pak ons in vir ’n wintervakansie

Ons het by ’n paar modekenners gaan kers opsteek en uitgevind watter item vat hulle saam vir ’n naweek weg.

 

’n Omkeerbare donsbaadjie …

… dit kry regmerkies in soveel blokkies vir moeitelose winterreise. Jy het twee baadjies in een en dit kan baie klein opgerol word in sy eie sakkie. 

 

’n Sonbril …

… dit beskerm nie net jou oë teen skerp sonlig nie, maar dit lyk ook stylvol en pas by byna alles wat jy dra.

 

’n Oorgroot knooptrui …

… want niks bederf ’n uitstappie meer as onvoorspelbare weer nie en ’n oorgroot trui lyk fantasties by dié seisoen se maksirok.

 

’n Herlaaibare selfoonlaaier …

… sodat ek my foon kan laai al is daar nie krag nie en my vakansiefoto’s op Instagram kan deel.

 

’n Knooplose trui …

… want ek’s lief daarvoor om in ’n gemaklike knus gebreide item voor ’n kaggel op te krul.

 

’n Ponti-spanbroek …

… dis veelsydig en jy kan ’n verskeidenheid uitrustings daarmee skep. Dit is ook lekker gemaklik en is perfek vir die langpad.

 

Tekkies …

… bloot om praktiese redes. Ons gaan in die winter altyd oor naweke na die Suidkus, so dit is baie informeel.

Wat is jou gunsteling-item om te pak vir die wintervakansie?