FOTO Unsplash / Drew Coffman

Modestories

Donkerkop? Dís jou beste kleure

Selfvertroue is die mooiste ding aan enige vrou. En min dinge kan jou meer fantasties laat voel as jy hou van hoe jy lyk en wat jy aanhet, maak nie saak wat ander mense sê nie! Maar het jy geweet kleur maak nie net ’n groot verskil aan jou oë nie, maar ook aan jou hare?

Hier’s die vyf kleure wat ’n donkerkop gerus meer kan dra om uit te staan:

Helderpienk

Hierdie flambojante kleur vorm ’n sterk kontras teen donker hare, dis hoekom dit so goed werk.

Die aktrise Emily Blunt is speels maar elegant op die rooi tapyt.

Die Oscar-wenner Natalie Portman vestig al die oë op haar in haar helderpienk jas.

Kyk hoe mooi lyk die aktrise en sangeres Lea Michelle se hare teen haar rok.

Rooi

Die meeste brunette het ’n effense rooi skynsel in hul hare wanneer sonlig daarop val. Rooi bring dié ondertoon uit en is daarom baie vleiend.

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, skitter gereeld in hierdie kleur.

 

Die Britse aktrise Emilia Clarke lyk eksieperfeksie in haar rooi glansrok.

Die supermodel Kendall Jenner straal selfvertroue uit in haar rooi rok.

Liggeel

Hierdie kleur werk veral goed teen ’n blasser of sonbruin vel.

Die Britse aktrise Jenna Coleman lyk vrolik in haar liggeel rok.

Die supermodel Miranda Kerr is pragtig elegant in haar rok.

Die Oscar-wenner Alicia Vikander lyk omtrent soos ’n prinses op die rooi tapyt.

Vlootblou

Dié donker kleur beklemtoon jou haarkleur sonder om jou gelaat hard te laat lyk.

Die Scandal-ster Emmy Rossum lyk sjiek in vlootblou.

Die Oscar-wenner Sandra Bullock is beeldskoon in dié kleur.

Die Britse aktrise Gugu Mbatha-Raw slaan die asems weg.

Wit, room en beige

Die kontras tussen lig en donker maak dié kleure wenners vir donkerkoppe.

Die Hollywood-aktrise Ruth Negga is pragtig in haar roomwit skepping.

Emma Watson lyk soos altyd ongelooflik stylvol.

Katie Holmes straal in haar beige rok.