Screen Shot 2016-02-12 at 5.22.43 PM
Modestories

Donnalee Roberts of adv. Thuli Madonsela: Wie dra geel die beste?

Hierdie week was vol rooitapyt-geleenthede en Vir Altyd het sommer ‘n sand-tapyt vir hul Kaapse première gekies om aan te sluit by hul Mauritius-tema.

Die ware wenner van die week was geel, heldergeel.

Donnalee Roberts het Dinsdagaand pragtig gelyk by die première van Vir Altyd op Rhebokskloof in die Paarl. Hierdie geel rok is deur Kobus Rautenbach ontwerp.

Nóg ‘n @kobusrautenbach stepping! Hoe mooi lyk hierdie geel! #VirAltydFilm #SARIEVirAltyd

A photo posted by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on

Vir die staatsrede gisteraand het die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, die aandag gesteel op die rooi tapyt in haar Gert-Johan Coetzee-skepping. Sy het soos ’n wenner gelyk – stylvol soos altyd. Boonop met die wete dat president Zuma se prokureurs in die Grondwethof bes gegee het dat die Nkandla-verslag bindend is.

Ontwerper Gert-Johan Coetzee sê oor dié rok:

“Ons wou haar koninklik en statig laat lyk, veral omdat dit die laaste staatsrede sal wees wat sy as Opbenbare Beskermer bywoon. Sy het so ’n impak op ons land gemaak, dus wou ons daaraan hulde bring. En ná wat hierdie week in die Grondwethof gebeur het, het ons geweet sy gaan as oorwinnaar op die rooi tapyt verskyn. Daarom het ons die rok haar victory-rok gedoop!”

Public Protector Thuli Madonsela in her yellow #victorygown #GJC #alwayswinning #sona16 #gertjohancoetzeeI

A photo posted by Gert-Johan Coetzee (@gertjohancoetzee) on

Gert-Johan Coetzee se wenk indien jy geel dra, is: “Dit is die sterkste as jy geel as ’n soliede kleur dra eerder as in patrone. En tans is dit spesifiek daardie baie helder skakering wat in die mode is, niks ligs nie. Dra ’n geel top saam met ’n meer neutrale broek of romp – swart, denim en wit werk goed. Of onder ’n meer neutrale baadjie. As jy nie dapper genoeg is om groot te gaan nie, kies ’n paar goudgeel skoene of ’n geel somerserp.”

Ander bekendes wat geel op die rooi tapyt dra

Jennifer Lopez

Taylor Schilling (Orange is the New Black)

Charlize Theron

Wie dink jy lyk die beste in geel?