SARIE Mei 2016
FOTO Justin Badenhorst

SARIE Mei 2016 FOTO Justin Badenhorst

Modestories

Dra rompe & rokke óór broeke

’n Rok of romp oor ’n langbroek gee ’n nuwe voorkoms en lewe aan ouer items in jou kas. ’n Langbroek is boonop warmer as kouse. Onthou net, proporsie is belangrik wanneer jy meng en pas.

3 uitrustings om uit te kies:

1 Rok/romp oor wyepyp-langbroek
Dra ’n rok/romp met splete weerskante saam met ’n wyepypbroek vir gemak.

SARIE Mei 2016 FOTO Justin Badenhorst

SARIE Mei 2016
FOTO Justin Badenhorst

 

2 Noupassende rok/romp oor langbroek
Hou die silhoeët eenvoudig met ’n noupassende romp of rok oor ’n reguitpypbroek.

SARIE Mei -2016 Fotograaf: Justin Badenhorst

SARIE Mei 2016
FOTO Justin Badenhorst

 

3 Teksture
Speel met tekstuur vir ’n interessante voorkoms.

SARIE Mei -2016 Fotograaf: Justin Badenhorst

SARIE Mei 2016
FOTO Justin Badenhorst

 

SARIE-modespan se wenke:

• Indien jy kort is, dra eerder ’n korter romp of rok oor jou langbroek sodat jy nie nog korter lyk nie.

• As jy lank is, kan jy speel met die lengte van die rompe en rokke, maar dit is baie vleiend om items van midi- of knielengte bo-oor ’n langbroek te dra.

• Vermy volsirkel-items oor die broek, want dit kan maklik slordig lyk indien jy dit nie reg doen nie. As jy ’n wyer romp wil aantrek, is ’n geplooide chiffonromp jou beste keuse. Dit lyk elegant saam met hakskoene.

• Gaan krap in jou kas en wees kreatief met ’n “ou” romp of rok vir ’n vars nuwe uitrusting.

VGB Tag

Lees nou

Top-12 jasse vir winter 2016

Dié skoen gewild op die rooi tapyt

Rok toe so mooi dat model nie kan sit nie!