FOTO Instagram / @theashleygraham

FOTO Instagram / @theashleygraham

Modestories

Ashley Graham: 3 rokke perfek vir kurwes

Sy is nie skaam oor of vir haar lyf nie. Inteendeel, die wêreldberoemde Ashley Graham is trots op haar kurwes. Sy voel beeldskoon en sexy. As bekende model wys sy vir vroue dat enigiemand mooi klere kan dra – maak nie saak wat jou broekgrootte is nie! 

En volgens Ashley is daar drie snitte wat perfek werk vir vroue met kurwes.

#1 Boheemse maksirok

Volgens Ashley moet jy uitkyk vir die oorvou-maksirok met moue, want dit is besonder vleiend. Jy moet ook nie bang wees vir ’n patroon nie.

#2 Swart nommertjie

’n Interessante snit is altyd ’n treffer.

#3 Gebreide rok

Die geheim van dié snit? Skaf ’n langer rok aan, want dit is geneig om op te trek.

Gaan jy hierdie roksnitte uittoets?

Bron: InStyle