FOTO Instagram @zayn

FOTO Instagram @zayn

Modestories

Eerste afspraak: Wat trek ek aan?

Mans en mode het nie noodwendig baie raakpunte nie. Sommige mans sal nooit verstaan hoekom jy hakskoene by ’n sweetpak, of ‘n rok oor jou jeans dra nie …

Maar as dit by eerste indrukke kom, is mans eintlik heel eenvoudig om te verstaan. Klere is nie altyd die “eerste” ding waarna hulle kyk nie. Dit gaan oor die hele pakket: die glimlag, die hare, jou oë, jou persoonlikheid en dalk laaste, maar nie die minste nie, jou uitrusting!

Hier is 5 belangrike wenke vir jou eerste afspraak:

#1 Kies klere en skoene wat by jou persoonlikheid pas

Trek iets aan waarin jy gemaklik voel, wat by jou pas en jy daagliks dra. Dit gaan jou gemakliker laat voel. Dís die sleutel tot ’n lekker afspraak.

 

#2 Trek aan vir die geleentheid

Vra hom waarheen julle gaan sodat jy kan aantrek vir die geleentheid. Niemand wil met ’n somerrok gaan bergklim nie!

 

#3 Koop iets nuuts

Dis asof jou selfvertroue ’n hupstoot kry as jy iets nuuts dra. Maar moenie die duurste item gaan koop nie, net oorbelle kan ook werk!

 

#4 Doen iets anders

Doen vir jul tweede afspraak iets heeltemal anders. Wys vir die man jy kan gemaklik (casual), sowel as netjies aantrek.

 

#5 Rooi

Onthou, rooi beteken selfvertroue!

Die belangrikste van als: As jy goed voel, sal jy mooi voel!