p1012455
Modestories

Eksklusiewe blog: SA mode-ontwerpers by New York Modeweek

Dié talentvolle duo is in Maart 2011 tydens die Arise-tydskrif Lagos Modeweek in Nigerië as die top ontwerpers bekroon is, is hulle saam met ander Afrika-ontwerpers, Bunmi Koko, Tsemaye Binitie, Jewel by Lisa en Pierre-Antoine Veterello, genooi om by die New York Modeweek hul reekse te vertoon.

Hul reeks word 15 September 2011 in die Avery Fisher-saal van die Lincolnsentrum, New York, vertoon. Hou sarie.com dop!

KLûK CGDT se New York-dagboek!

DAG 4: DIE GRAND FINALE!

Ons word wakker met angs en omgewondenheid, als in een. Agter die skerms by die modeskou is dit bedrywig. Ongelooflike modelle, hare en grimering (alles op internasionale standaard)! Die gaste daag op – in die nuuste modes van kop tot toon uitgevat.

Op die ou einde was die modeskou ‘n groot sukses. Ons is baie trots en gelukkig met ons klere!!!  
Ons kan nie vir ‘n beter ervaring gevra het nie! …dankie NY modeweek!

Dankie
Christiaan en Malcolm

DAG 3:

Ons prep vir die modeskou van môre (Donderdag 15 September). Ons wag al die hele dag vir die  modelle van die ander mode-skoue om na ons fittings te kom. Ons was by die Michael Kors-skou vanoggend – heeltemal Afrika-geïnspireerd. Ons het saam met Grace Coddington, kreatiewe direkteur van Amerikaanse Vogue, die Vogue-redakteur, Anna Wintour, én die Hollywood-stilis, Rachel Zoë, gesit.  Klaudia, ons regterhand, is al vir die derde dag oorweldig deur die papparazzi!!!

Christiaan en Malcolm voor die klere-reëling

DAG 1:

Ons en die res van die span maak ‘n draai by die produksiespan van die New York modeweek. Die sessies met die pasmodel het afgeskop en dit was die begin van die opgewondenheid! Ons het besef dis die begin van ‘n baie wonderlike week!

Die juweliersware van Ida Elsje  en handsakke van Cape Cobra was net wat ons reeks nodig gehad het as finale afronding!

Ons is baie trots op ons reeks vir New York Modeweek.

Foto 1: Malcolm en Christiaan loer na die Alexander McQueen-rok. “Mmmmm, Christiaan, we can do that!” – Malcolm

Malcolm en Christiaan bewonder die Alexander McQueen-skepping

Foto 2: Ons stap die Highline-park, New York se park “in die lug”

'Ons stap die 'Highline park'

* Besoek ook kluk.co.za

  • tnqvotrndv

    z72Tm4 ypbcvaizxtyf, [url=http://hphejicfmmus.com/]hphejicfmmus[/url], [link=http://pkuyrzxrgqrc.com/]pkuyrzxrgqrc[/link], http://jujpyyqurltx.com/

  • tnqvotrndv

    z72Tm4 ypbcvaizxtyf, [url=http://hphejicfmmus.com/]hphejicfmmus[/url], [link=http://pkuyrzxrgqrc.com/]pkuyrzxrgqrc[/link], http://jujpyyqurltx.com/