Modestories

Ek is verlief op…dié 8 moet-hê mode-items!

JEANS (foto bo)

“Jeans wat goed pas vlei nie net jou lyf nie, maar dis ook die perfekte tydlose item wat jy van dag tot aand kan dra.”  – Adrienne de Beer, toergids

Reguitpyp-jeans R380, OBR @ TRUWORTHs.  swart en-wit polkakol-bloes van chiffonmengelstof R365,Unkonwn @ Mungo + Jemima, Kameelkleurige wighakskoene van seil R920, Errol Arenz. Vergulde oorbelle met rooi steen R125, A-List.

Groottes
Jeans: 28 – 42
Bloes: S – L

 
   
   
   

BROGUES

“Ek is passievol oor dié skoen. Dit gee praktiese sjiek aan ’n uitrusting en is ook tydloos sonder om
vervelig te raak.”
– Jacquie Myburgh, redakteur van Visi 

Swart brogues van leer R595, Froggie.
Sjampanjekleurige tregterbroek R599 en
perskekleurige vallekamisool van viskose en
katoen R249, Forever New. Swart baadjie van
katoenmengelstof R390, Jo Borkett.

Groottes
Broek: S – L
Kamisool: S – L
Baadjie: XS – L

Brogues
Haarstukke

HAARSTUKKE

“Ek dra nie eintlik juweliersware nie,
veral nie oorbelle nie. ’n Haarstuk
is altyd vir my die perfekte afronding as ek na ’n spesiale geleentheid gaan.”
– Nicola Carstens, tekstielontwerper

Pienk kopstuk van veer en vilt R300, Hello sailor @Mungo + Jemima. Pienk-en-grys rok van satyn R595, Leigh
Schubert @ The space.

Groottes
Rok: 32 – 36

STEWELS

“Plat bruin stewels is my staatmaker van seisoen tot
seisoen. Dis gemaklik en stylvol. en die bonus: Dis
gróót vir winter 2011.”
– Adri van der westuizen, mode-blogger

Bruin leerstewels R799, Nicci Boutique. Blomromp van katoen R395, Good Clothing@Mungo +
Jemima. Wit hemp van katoen met uitsny-detail  R1 400, KlûK CGDT. Donkerpienk draadblom R150, Amanda laird Cherry @ The space.

Groottes
Romp: S – L
Hemp: 30 – 40

Stewels
Sonbrille

SONBRILLE

“Ek het nooit minder as twee op ’n slag nie.
Dit is die beste manier om ’n uitrusting vinnig
op te kikker van glansryk na hip.”
– Michelle els, mode-blogger

Pienk skilpaddop-sonbril van plastiek R2 580,
Tiffany + Co @ Sunglass Hut. Pienk valle-bloes
van katoenmengelstof R590, Jo borkett.

Groottes
Top: 30 – 38

ARMBANDE

“Bonkige armbande kan enige uitrusting
opkikker.
Dra ’n klomp verskillende
groottes en kleure saam vir tekstuur en
interessantheid
.”
– Zandri nel, student en mode-intern

Roomkleurige plastiek-en-perspeks-armband met
goue motief R199 en skulparmbande
R129, stel van 4, Accessorize. Armband van
harpuis
R245, Slate. Beigeen-pienk romp R590,
Jo borkett. Swart bloes van satyn R429, Nucleus.

Groottes
Romp: S – L
Bloes: S – XL

Armbande
Swart Rokke

SWART ROKKE

“Dit laat my altyd gemaklik voel.
Die res van my klerekas is ook swart, daarom hoef
ek nooit soggens eers te dink wat om
aan te trek nie.”
– Annelee Joubert, moderedakteur

Swart skouerlose rok van rekbare maasstof          R1 300, Desray@wild orchid. Silwer leersandaal R499,
Luella.

Groottes
Rok: 32 – 38

SERPE

“Hoe jy ’n serp dra, is ’n duidelike teken van jou persoonlike styl. Dié stukkie lap sê so baie – of
jy dit nou om jou nek, jou middel of in jou hare dra. Dit laat jou toe om te speel met kleur, patrone en tekstuur, afhangende van jou gemoed. Ek’s
mal daaroor!”
– Mari Groenewald, stilis

Rooi stermotief-serp van sy-chiffon R360, Misfit.
Blou plooiromp van satyn R595, A-List. Wit T-hemp
van katoenmengsel R190, OBR @ TRUWORTHS.

Groottes
Romp: M
T-hemp: 28 – 42

Serpe

Spesiale dank aan Vergelegen vir die              gebruik van hul mooi wynlandgoed. Vir meer inligting, skakel 021 847 1334 of besoek                  www.vergelegen.co.za