FOTO Instagram @maisonvalentino

FOTO Instagram @maisonvalentino

Modestories

Seisoen van fluweel

Fluweel is die materiaal van die oomblik! Dis nog winter en daar is hope tyd om vir jou iets in mode se gunsteling-lap aan te skaf.

Groot modehuise is gaande oor fluweel, onder meer omdat die stof se ryk voorkoms dikwels verander soos die lig daarop speel. Dior, Valentino en Prada het almal vanjaar fluweel in hul reekse gebruik:

 

3 voordele van fluweel:

#1 Fluweel het geen ouderdomsbeperking nie!

Almal kan dit dra. Of jy nou na jou matriekafskeid gaan en of na ’n werkgeselligheid, fluweel bly gepas.

#2 Fluweel vlei elke figuur

Fluweel is ’n lieflike materiaal wat graag dít verbloem wat jy nie wil wys nie, want dit is ’n dik stof.

#3 Fluweel is sjiek

Fluweel kan ’n informele uitrusting in ’n japtrap ’n formele voorkoms gee.

 

Bekendes dra graag fluweel

Kendall Jenner wys jy kan jou fluweel-enkelstewels ook in die somer dra.

 

Zendaya lyk besonder sjiek in ’n rooi pak van fluweel.

 

Alexa Chung kikker haar uitrusting op met ’n fluweelbaadjie.

 

3 wenke om fluweel te dra:

#1 Jy hoef nie van kop tot toon in fluweel geklee te wees nie. Omdat dit so ’n interessante tekstuur het, dink jy dalk jy kan dit nie by alles dra nie. Maar onthou: jy mág teksture meng en ook denim lyk fantasties by fluweel.

#2 Fluweel-kledingstukke in ligte kleure is soms moeilik om te stileer en kan maklik “goedkoop” lyk. Donker kleurskemas soos vlootblou, wynrooi, donkergrys en swart is altyd wenners.

#3 Maak seker jou fluweel-items is kreukeltraag, want gekreukelde fluweel kan maklik onstylvol lyk.