Ontwerpers se tydlose items
7 ontwerpers wys hul 3 gunsteling-tydlose items.
Van 'n rooi aandrok tot 'n broekpak: Hier's die items waarmee jy jou klerekas kan aanvul vir 'n altyd-tydlose voorkoms.
Rooi aandrok
"Valentino het gesê 'n vrou moet altyd 'n rooi aandrok hê - en wie stry met die meester van couture? Dis die kleur van liefde, passie, woede, en laat jou lewendig en energiek voel. Almal lyk ongelooflik in rooi - rooikop, blond of brunet."
Cheryl Arthur, ontwerp- en bemarkingdirekteur van Hip Hop
Rooi aandrok van ru-sy
R9000
groottes 32 - 42
Hip Hop
![]() |
![]() |
![]() ![]() |
| Cheryl Arthur, ontwerp- en bemarkingdirekteur van Hip Hop |
Kant rok “Dit dateer nooit nie, veral as die kant ‘n vintage-gevoel het. Verseker een van die mees vroulikste items in ‘n vrou se klerekas.” |
Tweelingstel “Grace Kelly en Audrey Hepburn het altwee die oopknooptrui met bypassende kamisool-kombinasie verewig. Dit is vroulik, stylvol en kan van sjiek tot gemaklik saam met ¾-broek en platskoene vir ‘n prettige Sondag gedra word. Hierdie veelsydige item is perfek vir jou klerekas of dit nou ‘n patroon het of eenkleurig is.” |
|
Room rok van kant R2500 groottes 32 - 42 |
Swart-en-wit oopknooptrui en kamisool van katoen Oopknooptrui R595 Kamisool R395 groottes 32 – 40
|
KLÛK CGDT
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Malcolm en Christiaan van Klûk CGDT |
Nekstrik-bloes "Dit gee jou uitrusting 'n glansryker voorkoms, vir werk of vir die aand. So 'n bloes lyk net so goed saam met jeans as by 'n tuxedo. Dit gee jou voorkoms drama." |
Swaaijas "Hierdie item is glansryk en funksioneel, en rooi sal jy altyd die aandag laat trek." |
Wyepypbroek "Die vleiendste snit van alle broeke." |
|
Houtskoolkleurige nekstrikbloes van sy-chiffon |
Rooi swaaijas van katoen |
Grys wyepypbroek van wolmengelstof |
Jenni Button
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
![]() |
|
Warrick Gautier, kreatiewe direkteur en hoof-ontwerper van Jenni Button |
Broekpak "Gesagsdrag van die loopplank tot die raadskamer - die broekpak behou sy trefkrag." |
Klassieke wit hemp "Span dit in saam met 'n broekpak, of vir 'n meer informele voorkoms, saam met jeans. Die eenvoud van die wit hemp en klassieke trefkrag transformeer shabby tot elegansie." |
A-lyn-brokaatreënjas "Dié luukse materiaal is altyd perfek vir die winter. Dit straal moeitelose sjarme uit wat slegs ingewikkelde kleremakery en die beste Italiaanse materiale regverdig." |
|
Swart baadjie en broek van glansmateriaal |
Wit kortmouhemp van katoen |
Swart jas van brokaat |
Marion & Lindie
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Lindie Grenfell, kreatiewe direkteur van Marion & Lindie |
Syserp "Serpe is vir ewig, en altyd gepas. Dit word vintage-items as die ontwerp klassiek en die kleure gesofistikeerd en uitsonderlik is." |
Swart rok "'n Swart rok is altyd nodig. Ek verkies 'n klassieke snit met 'n bietjie van 'n edge wat dit 'n vintage-gevoel gee." |
Geluksarmband "'n Talking point, asook 'n vintage-stuk wat steeds gepas sal wees oor 20 jaar." |
|
Serp met grafiese patroon |
Op aanvraag |
Op aanvraag |
Jo Borkett
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Jo Borkett, mode-ontwerper |
Swart broek "Dis 'n moet vir elke klerekas - klassiek en veelsydig. Swart is vaartbelyn en werk vir elke geleentheid, ontspanne tot deftig." |
Wit satynbloes "'n Satynbloes skep 'n vroulike gevoel. Dis net so maklik om dit deftig te laat lyk as wat dit is om dit gemaklik saam met jeans te dra." |
Swart rok "Die swart rok sal nooit 'n mislukking vir enige geleentheid wees nie. Dit is 'n stylvolle, eenvoudige en tydlose mode-item." |
|
Swart mengelstof-broek |
Wit bloes van satyn |
Swart rok |
Carducci
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Francois Rall, |
Wit hemp "Die wit hemp werk hard: |
Potloodromp "As die potloodromp reg gesny is, is dit een van die mees sensuele |
Swart rok "Die swart rokkie is tydloos omdat daar nie 'n uur in die dag is waar dit onvanpas is nie." |
|
Wit hemp R620 groottes 30 - 40 |
Potloodromp van wol-en-symengelstof R750 groottes 30 - 42 |
Swart satynrok met boot-hals R2 500 groottes 30 - 40 |
Stefania Morland
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Stefania Morland, mode-ontwerper |
Kunspels-baadjie "Ek's mal hieroor! Dit voel en lyk luuks, ideaal vir dag of aand." |
Swart netsyromp "'n Baie nuttige item - jy kan dit op sy eie dra of onder 'n rok of romp vir 'n meer flambojante voorkoms." |
Oorvoutop "'n Ongelooflike item - dra dit onder 'n voorskotrok of moulose rok, en oor basies enige ander kledingitem. Jy kan dit op enige manier vasbind; onderstebo het dit 'n bolero-gevoel." |
|
Kunspels-baadjie R3 300 groottes S - L |
Swart romp van netsy R1 800 grootte medium |
Beige oorvoutop van sy-chiffon R1 100 grootte medium |
- Assistent Andrea Smith
- Plek Banksia-boetiekhotel 021 689 2992; www.banksiaboutique.co.za
Verwante artikels
-
Mode-storie vir Augustus 2009: Agter die skerms
SARIE - Augustus 2009
Elke maand is dit 'n groot soektog na die regte plek om die mode-foto's vir SARIE te neem.












































































Kry jou SARIE oral, enige tyd