Modestories

Ontwerpers se tydlose items

Van ‘n rooi aandrok tot ‘n broekpak: Hier’s die items waarmee jy jou klerekas kan aanvul vir ‘n altyd-tydlose voorkoms.

Rooi aandrok

“Valentino het gesê ‘n vrou moet altyd ‘n rooi aandrok hê – en wie stry met die meester van couture? Dis die kleur van liefde, passie, woede, en laat jou lewendig en energiek voel. Almal lyk ongelooflik in rooi – rooikop, blond of brunet.”
Cheryl Arthur
, ontwerp- en bemarkingdirekteur van Hip Hop

Rooi aandrok van ru-sy
R9000
groottes 32 – 42

Hip Hop

Cheryl Arthur, ontwerp- en bemarkingdirekteur Room rok van kant (R2 500), Hip Hop Oopknooptrui van katoen (R595), Hip HopKamisool van katoen (R395), Hip Hop
Cheryl Arthur, ontwerp- en bemarkingdirekteur van Hip Hop

Kant rok

“Dit dateer nooit nie, veral as die kant ‘n vintage-gevoel het. Verseker een van die mees vroulikste items in ‘n vrou se klerekas.”

Tweelingstel

“Grace Kelly en Audrey Hepburn het altwee die oopknooptrui met bypassende kamisool-kombinasie verewig. Dit is vroulik, stylvol en kan van sjiek tot gemaklik saam met ¾-broek en platskoene vir ‘n prettige Sondag gedra word. Hierdie veelsydige item is perfek vir jou klerekas of dit nou ‘n patroon het of eenkleurig is.”

 

Room rok van kant

R2500

groottes 32 – 42

Swart-en-wit oopknooptrui en kamisool van katoen

Oopknooptrui R595

Kamisool R395

groottes 32 – 40

 

KLÛK CGDT

Malcolm en Christiaan van Klûk CGDT

 

Nekstrik-bloes

“Dit gee jou uitrusting ‘n glansryker voorkoms, vir werk of vir die aand. So ‘n bloes lyk net so goed saam met jeans as by ‘n tuxedo. Dit gee jou voorkoms drama.”

Swaaijas

“Hierdie item is glansryk en funksioneel, en rooi sal jy altyd die aandag laat trek.”

 

Wyepypbroek

“Die vleiendste snit van alle broeke.”

   

Houtskoolkleurige nekstrikbloes van sy-chiffon
R2 200
groottes 1 – 4

Rooi swaaijas van katoen
R2 800
alle groottes

 

Grys wyepypbroek van wolmengelstof
R990
alle groottes

Jenni Button

Warrick Gautier, kreatiewe direkteur en hoof-ontwerper van Jenni Button

 

Broekpak

“Gesagsdrag van die loopplank tot die raadskamer – die broekpak behou sy trefkrag.”

 

Klassieke wit hemp

“Span dit in saam met ‘n broekpak, of vir ‘n meer informele voorkoms, saam met jeans. Die eenvoud van die wit hemp en klassieke trefkrag transformeer shabby tot elegansie.”

A-lyn-brokaatreënjas

“Dié luukse materiaal is altyd perfek vir die winter. Dit straal moeitelose sjarme uit wat slegs ingewikkelde kleremakery en die beste Italiaanse materiale regverdig.”

   

Swart baadjie en broek van glansmateriaal
baadjie R1 300
broek R700
groottes 30 – 40

 

Wit kortmouhemp van katoen
R650
groottes 30 – 40

Swart jas van brokaat
R1 650
groottes 30 – 40

Marion & Lindie

Syserp (R300), Marion & Lindie Swart rok (prys op aanvraag), Marion & Lindie Geluksarmband (prys op aanvraag), Marion & Lindie

Lindie Grenfell, kreatiewe direkteur van Marion & Lindie

 

Syserp

“Serpe is vir ewig, en altyd gepas. Dit word vintage-items as die ontwerp klassiek en die kleure gesofistikeerd en uitsonderlik is.”

Swart rok

“‘n Swart rok is altyd nodig. Ek verkies ‘n klassieke snit met ‘n bietjie van ‘n edge wat dit ‘n vintage-gevoel gee.”

 

Geluksarmband

“‘n Talking point, asook ‘n vintage-stuk wat steeds gepas sal wees oor 20 jaar.”

   

Serp met grafiese patroon
R300

 

Op aanvraag

 

Op aanvraag

Jo Borkett

 

Jo Borkett, mode-ontwerper

 

Swart broek

“Dis ‘n moet vir elke klerekas – klassiek en veelsydig. Swart is vaartbelyn en werk vir elke geleentheid, ontspanne tot deftig.”

 

Wit satynbloes

“‘n Satynbloes skep ‘n vroulike gevoel. Dis net so maklik om dit deftig te laat lyk as wat dit is om dit gemaklik saam met jeans te dra.”

Swart rok

“Die swart rok sal nooit ‘n mislukking vir enige geleentheid wees nie. Dit is ‘n stylvolle, eenvoudige en tydlose mode-item.”

   

Swart mengelstof-broek
R590
groottes 30 – 38

 

Wit bloes van satyn
R490
groottes 30 – 38

 

Swart rok
R790
groottes 30 – 38

Carducci

Swart rok van satyn (R2500), Carducci

Francois Rall,
mode-ontwerper
van Carducci Women

 

Wit hemp

“Die wit hemp werk hard:
Dit kan saam met enige
item en kleur gedra word, van snyersdrag en denim
tot ‘n wye romp saans. Dit lyk altyd vars.”

Potloodromp

“As die potloodromp reg gesny is, is dit een van die mees sensuele
stukke in die klerekas, en dít maak dit tydloos.”

Swart rok

“Die swart rokkie is tydloos omdat daar nie ‘n uur in die dag is waar dit onvanpas is nie.”

 

Wit hemp

R620

groottes 30 – 40

Potloodromp van wol-en-symengelstof

R750

groottes 30 – 42

Swart satynrok met boot-hals

R2 500

groottes 30 – 40

 

Stefania Morland

 

Stefania Morland, mode-ontwerper Kunspels-baadjie (R3300), Stefania Morland Swart romp van netsy (R1800), Stefania Morland Oorvou top van sy-chiffon (R1100), Stefania Morland

Stefania Morland, mode-ontwerper

Kunspels-baadjie

“Ek’s mal hieroor! Dit voel en lyk luuks, ideaal vir dag of aand.”

Swart netsyromp

“‘n Baie nuttige item – jy kan dit op sy eie dra of onder ‘n rok of romp vir ‘n meer flambojante voorkoms.”

 

Oorvoutop

“‘n Ongelooflike item – dra dit onder ‘n voorskotrok of moulose rok, en oor basies enige ander kledingitem. Jy kan dit op enige manier vasbind; onderstebo het dit ‘n bolero-gevoel.”

   

Kunspels-baadjie

R3 300

groottes S – L

 

Swart romp van netsy

R1 800

grootte medium

 

Beige oorvoutop van sy-chiffon

R1 100

grootte medium