Modestories

FOTO’S: SA sterre op die rooi tapyt

Ons hou dié rooitapyt-seisoen nie net die Hollywood-sterre dop vir pragtige rokke nie, maar ook ons eie plaaslike bekendes! Hier is van die rooitapyt-rokke wat by gisteraand se première van die Afrikaanse drama Faan se Trein te sien was.

Ons mode-assistent Yolandi Buurman sê wat sy van dié rokke dink. Blaai deur ons galery om die rokke te sien.

Therese Benade

Dié helder kleur lyk baie mooi by Therese se blonde hare en blas vel. Ons hou baie van die kombinasie van haar lang moue met die korter rok - veral omdat dit ’n aandgeleentheid was.
Haar bykomstighede was minimaal en neutraal, perfek omdat die koraalkleurige rok reeds baie aandag getrek het.

Anel Alexander

Anel het gesorg dat sy raakgesien is in dié rok - en ons is mal daaroor! Dié helderpienk is nou in die mode - kyk net na Julia Roberts se eenstuk by die SAG-toekennings.
Dié pienk werk by haar veltoon en haar eenvoudige bykomstighede het gesorg dat dié rok nie té deftig vir die geleentheid is nie.

Leandie du Randt

Leandie het baie modieus gelyk in haar koningsblou maksi-romp. Sy lyk prettig en gemaklik - perfek vir haar ouderdom. Omdat die romp baie lank is, het dit ’n deftiger voorkoms geskep wat gepas is vir die aand.

Elma Postma

Elma lyk pragtig in haar little black dress. Dié rok is klassiek én omdat dit haar kurwes beklemtoon, lyk sy stylvol sexy. Ons is ook mal oor die kanthals!

Ciske Kruger

Ciske het baie sexy gelyk in haar kort mini-rok. Die goue materiaal is perfek vir die aand en is een van die groot trends van 2014 (lees meer oor die 5 grootste trends hier).
Ciske het die regte lyf en bene om dié kort rok te dra en omdat die neklyn nie laag gesny is nie, lyk sy steeds stylvol.

Stefan Ludik en Amalia Uys

Amalia het ’n klassieke voorkoms gekies - swart met ’n baie vroulike silhoeët. Die romp se band beklemtoon haar dun middel en vlei haar figuur. Soos Therese het sy langer moue by ’n kort onderstuk gekies. Lees hier oor nóg maniere om jou bo-arms te verbloem.

 

  • Clara Viljee

    Die rokke by die Faan se Trein premiere is gladnie sleg nie maar ag nee Ciske en Amelia – kyk net hoe staan julle – mense mooi dun lyfies maak nie reg as die bene so krom is nie. Oefen, oefen, oefen!!!