Candice Swanepoel tydens die Victoria Secret vertoning in 2015. FOTO Instagram /  @victoriassecret

Candice Swanepoel tydens die Victoria Secret vertoning in 2015. FOTO Instagram / @victoriassecret

Modestories

FOTO’S: Victoria’s Secret-onderklere oor die jare

Hoewel Victoria’s Secret reeds in 1977 begin onderklere maak het, was die eerste loopplankvertoning eers in 1995. Deesdae is dié jaarlikse vertoning ’n hoogtepunt op die modekalender, bekendes wil in die voorste ry sit en elke model droom daarvan om op dié loopplank te loop.

In die 20 jaar van vertonings het die modelle sowel as die onderklere verander …

1996: Helena Christensen

Helena het vir 3 jaar die vertoning gedoen (1996 – 1998).

1997: Naomi Campbell

Naomi het al 7 keer in die vertoning geloop (1996 – 1998, 2000, 2002, 2003 en 2005).

1998: Tyra Banks

Tyra het van 1996 tot 2005 haar bates tydens die vertoning gewys.

1999: Eva Herzigova

Eva het 3 jaar op die loopplank geloop (1999 – 2001).

2000: Gisele Bündchen

Dié Brasiliaanse model het vanaf 1999 tot 2006 dié vertoning gedoen.

2001: Heidi Klum

Heidi het ’n totaal van 11 keer dié vertoning gedoen (1997 – 2005, 2007 – 2009).

2002: Karolina Kurkova

Karolina het vir 9 jaar in dié vertoning geloop (2000 – 2008, 2010).

2003: Adriana Lima

Dié ma van twee het al by die meeste Victoria’s Secret-vertonings geloop: 15 keer! (1999 – 2008, 2010 – hede).

2004: Alessandra Ambrosio

Alessandra hou die rekord saam met Adriana Lima en het ook al 15 keer die vertoning gedoen. Alessandra se eerste keer was in 2000.

2005: Doutzen Kroes

Dié Nederlandse model het al 8 keer die gesogte vertoning gedoen (2005, 2006, 2008, 2009, 2011 – 2014).

2006: Rosie Huntington-Whiteley

Die model, wat nou ’n aktrise is, het die vertoning 5 keer gedoen (2006 – 2010).

2007: Miranda Kerr

Die Australiese model het die Victoria’s Secret-vertoning al 6 keer gedoen (2006 – 2009, 2001 – 2012).

2008: Candice Swanepoel

Suid-Afrika se eie engel het die vertoning al 9 keer gedoen (2007 – hede).

2009: Izabel Goulart

Die Brasiliaanse model het die vertoning al 11 keer geloop (2005  – hede).

2010: Behati Prinsloo

Die Namibiese model het, soos Candice, al 9 keer die vertoning gedoen (2007 – hede).

2011: Joan Smalls

Joan het die vertoning 5 keer gedoen (2011 – hede).

2012: Cara Delevingne

Die Britse model, wat nou ook ’n aktrise is, het 2 keer die vertoning gedoen (2012 en 2013).

2013: Karlie Kloss

Karlie, een van die sangeres Taylor Swift se beste vriendinne, het 4 keer die vertoning gedoen (2001 – 2014).

2014: Lily Aldridge

Die Amerikaanse model het die vertoning 7 keer gedoen (2009 – hede).

2015: Nuwe bloed vir Victoria’s Secret

Kendall Jenner en Gigi Hadid doen hul eerste vertoning vir Victoria’s Secret.

2016 se Victoria’s Secret-vertoning vind op 5 Desember in Parys plaas. Lees meer HIER.

Watter jaar en model is jou gunsteling?